Die roofvlieë (Asilidae) is 'n familie van insekte wat tot die orde Diptera (tweevlerkiges) hoort. Die spesies is klein tot groot, 3–40 mm.

Identifikasie Kenmerkend van die vlieë is 'n lang agterlyf en smal vlerke wat plat oor die agterlyf gevou word. Die bokant van die kop is uitgehol tussen die groot oë terwyl die steek-suigende monddele na onder gerig is.

Die larwes leef meestal in kompos, maar by enkele spesies is hulle roofdiere wat ander insekte vang en dan uitsuig. Daar is 500 spesies bekend.

Bronnelys Holm, Erik: Insektopedie, Struik Nature, bl. 180, 2017,

Kategorie:Tweevlerkiges