Ali Daei (Persies: علی دایی, uitgespreek [ʔæliː dɑːjiː]; gebore 21 Maart 1969) is ’n Irannese sokkerafrigter en voormalige professionele speler. As aanvaller was hy die kaptein van die Irannese nasionale span tussen 2000 en 2006. Hy het in die Duitse Bundesliga gespeel vir Arminia Bielefeld, Bayern München en Hertha Berlyn. Hy word beskou as een van die grootste Iraanse sokkerspelers van alle tye, sowel as een van die grootste sokkerspelers uit Asië. Hy het die eerste Asiatiese speler geword wat in ’n UEFA Champions League-wedstryd verskyn het. Op 21 September 1999 het hy sy eerste en tweede doel in die Champions League aangeteken in ’n groepswedstryd teen Chelsea, wat Hertha met 2–1 gewen het.
Daei, ’n lang voorspeler, was ’n produktiewe doelwenner en was veral bekend vir sy akkuraatheid met kopskote en sy vermoë in die lug. Hy het 148 wedstryde vir die Iraanse nasionale span gespeel en was die wêreld se voorste internasionale doelskieter met 108 doele, totdat sy rekord in 2021 deur Cristiano Ronaldo oortref is, en in 2024 verder na derde geskuif het toe Lionel Messi hom verbygesteek het. Ná sy aftrede as speler, het Daei van 2007 tot 2013 as lid van FIFA se Sokkerkomitee gedien. In 2014 is hy opgeneem in die Asiatiese Sokker-Eerbewysaal.
As afrigter was sy suksesvolste posisie by Saipa van Teheran, wat hy in 2007 na die Irannese ligatitel gelei het terwyl hy nog ’n geregistreerde speler van die klub was.
Verwysings
Kategorie:Irannese sokkerspelers Kategorie:Sokkerafrigters Kategorie:Geboortes in 1969 Kategorie:Lewende mense