Die vlag van Åland (Fins: Ahvenanmaan lippu; Sweeds: Ålands flagga) is in 1954 amptelik in gebruik geneem. Dit vertoon ’n rooi Skandinawiese kruis met wit fraiings op ’n blou veld. Die vertikale arm van die kruis is in die rigting van die vlagpaal verskuif volgens die patroon van die ander Skandinawiese vlae. Die Skandinawiese kruis verteenwoordig Christenskap.

Die vlag is ontwerp om soos die vlag van Swede te lyk, terwyl die rooi kruis Finland verteenwoordig. Die vlag is in 1954 amptelik in gebruik geneem en op 3 April dieselfde jaar in Mariehamn vir die eerste keer gehys. Voor sy outonomie het Åland ’n nieamptelike horisontale tweekleur met bane in blou, geel en blou gebruik voordat dit in 1935 onwettig verklaar is.

Kleure Die kleurskema word hieronder gelys:

40pxKleurskema Blou Geel Rooi RGB 0-100-174 255-211-0 219-15-22 Heksadesimaal #0064AD #FFD300 #DA0E15 CMYK 100-54-2-0 0-16-100-0 6-100-100-0 Pantone 2945C / 300U 116C / 109U 186C / 185U

Geskiedenis duimnael|Die vlag van Åland saam met die vlag van Finland Toe Finland in 1917 onafhanklikheid verkry het van Rusland, het baie Ålanders gevrees dat hulle hul Sweedse kultuur en taal sou verloor, wat daartoe gelei het dat die inheemse bevolking ’n veldtog geloods het om met Swede te verenig. Dit het daartoe gelei dat Finland, Swede en Rusland die Volkebond aangeroep het wat ten gunste van Ålandse outonomie beslis het. Van die vroeë 1920’s af het Åland ’n nieamptelike blou en geel driekleur begin gebruik totdat dit deur die Finse regering in 1935 onwettig verklaar is. In 1952 het nuwe wette aan Åland die reg gegee om sy eie vlag te ontwerp en ’n vlagvoorstel wat soos die Sweedse vlag gelyk het met ’n blou kruis in die middel is deur die Finse president verwerp. Die finale ontwerp was uiteindelik die eerste voorgestelde model met ’n rooi kruis op om Finland te verteenwoordig.

Verwante vlae

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Åland by Flags of the World.

Kategorie:Åland Åland