Die vlag van die Faroëreilande (Faroëes: Merkið) is in op 25 April 1940 amptelik in gebruik geneem. Dit vertoon ’n rooi Skandinawiese kruis met blou fraiings op ’n wit veld. Die vertikale arm van die kruis is in die rigting van die vlagpaal verskuif volgens die patroon van die ander Skandinawiese vlae. Die Skandinawiese kruis verteenwoordig Christenskap.
In Faroëes word na die vlag as Merkið (“die vaandel” of “die merk”) verwys. Dit lyk soos die vlae van die naburige Noorweë en Ysland.
Ontwerp Die rooi kruis is asuur op ’n wit veld. Die vlagontwerp lyk baie soos dié van Noorweë met die kruis en dieselfde verhoudings 6-1-2-1-6 en 6-1-2-1-12.
Wit verteenwoordig die skuim van die see en die suiwer, stralende lug van die Faroëreilande, terwyl die ou Faroëse kleure blou en rooi herinner aan ander Skandinawiese en Nordiese vlae, wat die Faroëreilande se bande met ander Nordiese lande verteenwoordig.
Kleure Die vlag se kleure is in ’n 1959-wet bepaal.
40pxKleurskema Wit Rooi Blou Pantone Safe PMS 032 PMS 300 RGB #FFFFFF #EF303E #005EB9
Die vlag van die Faroëreilande het dieselfde kleure as die vlae van Noorweë en die Ysland, waarmee die Faroëreilande sterk voorvaderlike bande het, maar elkeen in ’n omgekeerde volgorde.
Geskiedenis duimnael|Merkið by Funningur, Eysturoy Die huidige Faroëse vlag is bedink in 1919 deur Jens Oliver Lisberg en ander terwyl hulle in Kopenhagen gestudeer het. Die Merkið is op 22 Junie dieselfde jaar vir die eerste keer op die Faroëreilande in Fámjin gehys tydens ’n huwelik. Op 25 April 1940 het die Britse besettingsregering tydens die bewind van Carl Aage Hilbert as Deense prefek die vlag goedgekeur vir gebruik deur Faroëse skepe. Die Britte wou vermy dat dieselfde vlag as in die Duis-besette Denemarke gebruik word. Sedertdien word 25 April as Flaggdagur (“Vlagdag”) gevier en dit is ’n openbare vakansiedag. Met die Wet van Huisregering op 23 Maart 1948 is die vlag deur die Deense regering as die nasionale vlag van die Faroëreilande erken. Die oorspronklike vlag word in die kerk van Fámjin in Suðuroy vertoon.
Verwante vlae
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Faroëreilande by Flags of the World.
Kategorie:Faroëreilande Faroëreilande