Sirens is 'n Amerikaanse donker komedie vir televisie wat deur Molly Smith Metzler geskep is, geskoei op haar toneelstuk van 2011 met die naam Elemeno Pea. Die reeks word beskryf as 'n "indringende, sexy en donker snaakse verkenning van vroue, mag en klas." Die première was op 22 Mei 2025 en dit is oor die algemeen goed deur resensente ontvang.
Storielyn Devon is bekommerd oor haar jonger suster, Simone, en dié se vreemde verhouding met haar nuwe baas, die miljardêr Michaela. Sy besluit dit is tyd om in te gryp. Die verhaal ontvou oor 'n plofbare naweek by 'n uitspattige strandwoning.
Hoofkarakters Julianne Moore as Michaela "Kiki" Kell, 'n voormalige prokureur en die vrou van 'n miljardêr Kevin Bacon as Peter Kell, Michaela se miljardêr-man, die uitvoerende beampte van Kell Securities Milly Alcock as Simone DeWitt, Michaela se persoonlike assistent Meghann Fahy as Devon DeWitt, Simone se ouer suster Glenn Howerton as Ethan Corbin III, die Kells se buurman en Peter se vriend Bill Camp as Bruce DeWitt, Devon en Simone se pa met demensie
Ontvangs Op Rotten Tomatoes het die reeks 'n goedkeuringsyfer van 77%, gebaseer op 64 resensies. Die webtuiste prys die toneelspel van Moore, Fahy en Alcock." Op Metacritic het dit 'n punt van 66 uit 100, gebaseer op 30 resensies, wat dui op 'n "algemeen gunstige" ontvangs.
Ben Travers van die webtuiste IndieWire het die reeks 'n A− gegee en gesê: "Die topdriesterre lewer goeie toneelspel" en sonder Moore se spel uit. In The Guardian gee Lucy Mangan dit 5/5 en sê: "Dié eindeloos vermaaklike studie in klas en familie is 'n gevatte plesier gepak met sterre." John Anderson van The Wall Street Journal het gesê: "In Sirens verskaf geld net die middel om die monster te wees wat jy is."
Vir die week van 19 Mei was Sirens nommer 1 op die Nielsenlys van oorspronklike Amerikaanse stromingsprogramme en algemeen onder die top-10. Die kyktyd vir die reeks was sowat 1,4 miljard minute.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Amerikaanse televisiereekse