Die Johannesburg Metro Centre (Johannesburg Burgersentrum) is die ikoniese munisipale gebou op Braamfontein heuwel in Johannesburg. Tans onder die toesig van die Johannesburg Property Company (JPC), hierdie enorme gebou is ‘n goeie voorbeeld van brutalistiese argitektuur. Johannesburg het, in die 1960’s, hulle bedrywighede begin konsilideer in die nuutgeboude stadsaal.

Geskiendenis In die 1960's het die stad 'n openbare argitektuurkompetisie vir die Burgersentrum aangekondig. 'n 25 akker werf in Braamfontein was op gerig om administratiewe kantore op te stel. Die wenner was Monty Bryer en 'n konsortium van sewe ander argitekte (Berns, Feitelberg, Lange, Laser, Meyer en Schwellnus).

Hierdie groep was bekend as die "Geassosieerde argitekte van die Johannesburg se Burgersentrum" en tussen 1963 en 1977, was 'n kompleks van kantoorgeboue, stadspleine, tuine en fonteine op Braamfonteinkoppie gebou.

Twee brande In 2023 (Maart en September) was daar twee brande in hierdie gebou. 'n Gebrek aan instandhouding van stadseiendomme het daartoe gelei en die administratiewe sentrum was onveilig en onbewoonbaar verklaar, weens ernstige infrastruktuurprobleme. Jare se verwaarlosing en onopgeloste strukturele en voldoeningskwessies het tot die situasie gelei, en die burgersentrum is verlate sedert die tweede brand.

Nadat die gebou ongeskik vir gebruik verklaar was, moes die 48 000 personeellede na nabygeleë gehuurde fasiliteite verskuif word.

Verwysings

Kategorie:Geboue en strukture in Johannesburg