Die Verenigde State se nasionale vrouerugbyspan (Engels: United States women’s national rugby union team) is die nasionale vrouerugbyspan wat die Verenigde State in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Dié span dra die bynaam “die Arende” (the Eagles), na die Amerikaanse arend (Haliaeetus leucocephalus), die nasionale voël van die Noord-Amerikaanse land. Rugby word in die Verenigde State geadministreer deur VSA Rugby (Engels: USA Rugby, USAR) wat in 1975 gestig is. Die Verenigde State word as die beste vrouerugbyspan in die Amerikas beskou. Die Verenigde State se nasionale vrouerugbyspan is tans (September 2025) agtste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.
Die Verenigde State het hul eerste toetswedstryd in 1987 teen Kanada gespeel. Die Verenigde State se belangrikste internasionale verskyning is tydens die vierjaarlikse vrouerugbywêreldbekertoernooi wat sedert 1991 beslis word. Die Verenigde State het aan al nege die toernooie deelgeneem en tydens die eerste 1991-toernooi hul eerste titel ingepalm en by die twee daaropvolgende toernooie in 1994 en 1998 ook die eindstryd gehaal. Die Verenigde State neem jaarliks aan die Stille Oseaan-vierreeks deel, saam met Australië, Nieu-Seeland en Kanada. Vier voormalige Amerikaanse rugbyspelers is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem. Die Verenigde State speel tradisioneel in ’n wit trui met blou en rooi kleuraksente, ’n blou gestreepte wit broek en wit sokkies – wat aan die kleure van die vlag van die Verenigde State ontleen is.
Beheerliggaam
Die beheerliggaam vir rugby in die Verenigde State is VSA Rugby (Engels: USA Rugby, USAR). VSA Rugby is in 1975 onder die naam Verenigde State van Amerika Rugbyvoetbalunie (United States of America Rugby Football Union, USARFU) gestig en het in 1987, net voor die eerste mansrugbywêreldbekertoernooi, ’n volle lid van die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) geword. Daarbenewens was VSA Rugby in 2001 ’n stigtingslid van die Noord-Amerikaanse en Wes-Indiese Rugbyvereniging (North America and West Indies Rugby Association, NAWIRA; nou Rugby Amerikas Noord), nadat Kanada en die Verenigde State by die Wes-Indiese Rugbyvereniging (West Indies Rugby Association) aangesluit het.
Die professionele Women’s Premier League Rugby, waaraan sewe spanne deelneem, is die belangrikste rugbyliga in die Verenigde State en dit is in 2009 ten einde van die vrouerugby se verdere ontwikkeling gestig. Sedertdien is die meeste spelers van die Amerikaanse nasionale span uit dié liga afkomstig, van die ander spelers is veral in Engeland aktief. Benede word sedert 2025 die halfprofessionele Women’s Elite Rugby tussen ses spanne beslis.
Geskiedenis Oorsprong Die vrouerugby in die Verenigde State het sy aanvang geneem met drie in 1972 bestaande spanne: Die Colorado-staatsuniversiteit Hookers in Fort Collins, die Universiteit van Colorado in Boulder en die Universiteit van Illinois in Champaign. In die middel-1970’s is ook klubs gestig by verskeie kolleges regdeur die land. Ná hul matrikulasie het spelers van hierdie klubs weer klubs in ander stede en stedelike sentrums gestig. Destyds was daar slegs een afdeling vir vrouerugby. In 1975 is die beheerliggaam Verenigde State van Amerika Rugbyvoetbalunie (United States of America Rugby Football Union, USARFU; nou VSA Rugby) gestig en het vier gebiede behels. Destyds het die vroue oor hul eie beheerliggaam beskik wat ewewydig met die USARFU uit vier gebiede bestaan het (East, Midwest, West en Pacific). In 1978 is die Nasionale Vrouekampioenskap vir die eerste keer beslis. Die Chicago Vrouerugbyklub in Chicago het dié toernooi aangebied, wat die klub uit Portland gewen het.
Die nasionale span se eerste jare In 1985 is vir die eerste keer ’n soort nasionale span gekeur. Dié keurspan het glo uit die land se beste spelers bestaan. Dit het onder die naam WIVERN na Engeland en Frankryk getoer. Die span het die toer onoorwonne afgesluit en baie van die spelers is gekeur vir die Vrouerugbywêreldbeker 1991.
Reeds in 1987 het die VSA in Victoria hul eerste toetswedstryd teen Kanada gespeel. Dit was ook die heel eerste vrouetoetswedstryd buite Europa. Hoewel die vroue nie toegelaat is om die Amerikaanse arend-kenteken te gebruik nie, is die wedstryd deur beide Rugby Kanada en USARFU erken. Die VSA en Kanada het sedertdien jaarliks in die CanAm-reeks ontmoet. Die Amerikaners was in hierdie reeks vir tien jaar onoorwonne.
In 1990 het die nasionale span onder die naam “USA Presidents 15” aan die Vrouewêreldrugbyfees in Nieu-Seeland deelgeneem. Die span het die toernooi met ’n wenrekord van 3–1 afgesluit en hulle is slegs deur die gasvroue geklop. Een jaar later is in Cardiff die eerste Vrouerugbywêreldbeker beslis. Onder hul Walliese afrigter Kevin O’Brien en die Suid-Afrikaner Chris Leach het die Arende met die trofee weggestap. In die halfeindstryd het hulle Nieu-Seeland geklop, voordat hulle in die eindstryd oor Engeland geseëvier het. Ook in 1991 is die eerste vrou in die USARFU se uitvoerende raad gekies, toe Jamie Jordan as tesourier benoem is.
In 1997 is die nasionale o/23-span gestig. Die hoofafrigter, Franck Boivert, het Peter Steinberg as o/23-afrigter aangewys. As deel van die CanAm-reeks se tienjaarviering het die nasionale span die o/23-span in hul eerste wedstryd teen Kanada aangemoedig.
Onlangse ontwikkeling duimnael|Die Amerikaanse span in 2014 Die Amerikaners het die Vrouerugbywêreldbeker 2017 in Ierland in die vierde plek afgesluit, waarmee hulle regstreeks vir die daaropvolgende Vrouerugbywêreldbeker 2021 in Nieu-Seeland gekwalifiseer het. Vroeg in 2018 het die beheerliggaam die voormalige nasionale speler Emilie Bydwell as direkteur-generaal van die vroue se hoëprestasieprogram aangewys. In Mei dieselfde jaar het Rob Cain voltydse hoofafrigter geword en dieen die program ’n nuwe rigting gegee.
Die vroue se nasionale spanprogram het ’n aantal ouderdomsgroep- en ontwikkelingsprogramme ingesluit soos “Hoërskool All-Amerikaners” (o/18), o/20, “Kollegiale All-Amerikaners” en USA Selects. Al die ouderdomsgroep- en ontwikkelingsprogramme is deel van die nasionale spanontwikkelingsprogram en ’n voorloper tot die Arende.
Kleure, embleem en bynaam duimnael|upright|Die Verenigde State se Arendegelukbringer – Rookie the Eagle – tydens die Churchillbeker 2010 Die Verenigde State speel tradisioneel in ’n wit trui met blou en rooi kleuraksente, ’n blou gestreepte wit broek en wit sokkies. Hul alternatiewe trui is ’n rooi en wit gestreepte donkerblou trui met ’n wit gestreepte donkerblou broek en donkerblou sokkies.
Die beheerliggaam VSA Rugby se kenteken toon die Amerikaanse arend (Haliaeetus leucocephalus) in die nasionale kleure wit, blou en rooi, ontleen aan die vlag van die Verenigde State, wat ’n rugbybal dra, met die belettering USA Rugby daaronder. Die nasionale span se bynaam is Eagles („Arende“) en aan die Verenigde State se nasionale voël, die Amerikaanse arend, ontleen. Die span se gelukbringer is derhalwe ’n Amerikaanse arend met die naam Rookie the Eagle.
Tuisstadions Net soos ander vername rugbylande soos Frankryk, Ierland, Italië, Kanada, Nieu-Seeland, Skotland, Suid-Afrika en Wallis beskik die Verenigde State oor geen amptelike tuisstadion vir hul nasionale span nie. Die Amerikaners gebruik vir hul toetse eerder ’n verskeidenheid stadions dwarsdeur die Verenigde State.
Rugbywêreldbekerstadions
Die Verenigde State sal die Vrouerugbywêreldbeker 2033 aanbied. Dit sal ná die Vrouerugbywêreldbeker 2006 in Kanada die tweede vrouerugbywêreldbekertoernooi in die Amerikas wees.
Toetswedstryde Die Verenigde State het 68 van sy 156 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 43,59%. Die Verenigde State se statistieke in toetswedstryde teen alle lande, in alfabetiese volgorde, is soos volg (korrek teen September 2025):
Teenstander Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen 9 6 2 1 66,67 22 1 21 0 4,55 14 2 11 1 14,29 9 5 4 0 55,56 4 2 2 0 50,00 5 3 1 1 75,00 46 19 27 0 41,30 2 2 0 0 100,00 3 3 0 0 100,00 16 1 15 0 6,25 1 1 0 0 100,00 2 2 0 0 100,00 7 5 2 0 71,43 4 4 0 0 100,00 2 2 0 0 100,00 6 5 1 0 83,33 1 1 0 0 100,00 4 4 0 0 100,00Algeheel 156 68 85 3 43,59
Wedywering met ander nasionale spanne Die Verenigde State se grootste mededinger in rugby is Kanada. Die Verenigde State het meer toetswedstryde teen dié noordelike buurland as teen enige ander land gespeel. Die twee spanne het in 1987 vir die eerste keer teen mekaar te staan gekom en van die 46 toetswedstryde tot dusver het Kanada 27 gewen en die Verenigde State 19. Beide Kanada en die Verenigde State is onder die suksesvolste spanne wat die vrouerugbywêreldbekertoernooi betref, aangesien die Kanadese in 2014 die eindstryd gehaal het, terwyl die Amerikaners die eerste Vrouerugbywêreldbeker 1991 kon wen en tydens die twee daaropvolgende toernooie ook die eindstryd kon haal. Tot dusver het albei spanne tydens drie vrouerugbywêreldbekertoernooie vier keer ontmoet: in 1998, 2010 en twee keer tydens die 2021-toernooi wat in 2022 gehou is. Sedert 2021 ontmoet albei spanne jaarliks tydens die jaarlikse Stille Oseaan-vierreeks, waaraan ook Australië en Nieu-Seeland deelneem. Van 1987 tot 1999 was die Verenigde State in nege agtereenvolgende toetswedstryde onoorwonne, sedert 2019 kon Kanada dié wenreeks ewenaar en ook nege agtereenvolgende toetswedstryde wen.
Die Verenigde State handhaaf ook ’n sekere wedywering met Engeland. Engeland en die Verenigde State het tot dusver in 21 toetswedstryde ontmoet, waarvan Engeland 20 gewen het en die Verenigde State een. Engeland en die Verenigde State het in twee eindstryde ontmoet (me een oorwinning en nederlaag elk).
Rekords Wêreldbekerrekord Die Verenigde State het aan elke vrouerugbywêreldbekertoernooie deelgeneem en tydens die eerste 1991-toernooi sy eerste titel ingepalm.
Jaar Uitslag 1991 Kampioen 1994 Naaswenner 1998 Naaswenner 2002 Sewende plek 2006 Vyfde plek 2010 Vyfde plek 2014 Sesde plek 2017 Vierde plek 2021 Karteindrondte 2025 Groepfase 2029 2033 gekwalifiseer as gasheer
Stille Oseaan-vierreeks Die Verenigde State se enigste jaarlikse toernooi is die Stille Oseaan-vierreeks, waar hulle teen drie ander lande van die Stille Oseaangebied speel: Australië, Kanada en Nieu-Seeland. Die Stille Oseaan-vierreeks is in 2021 vir die eerste keer tussen Kanada en die Verenigde State beslis, Australië en Nieu-Seeland het in 2022 by dié toernooi aangesluit. Die Amerikaners het tot dusver nog geen toernooi gewen nie.
Spelers Huidige span Die volgende spelers het die Verenigde State se span gevorm tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2025: