Die galmuggies (Cecidomyiidae) is 'n familie van insekte wat tot die orde Diptera (tweevlerkiges) hoort. Die spesies is klein, 1-3 mm groot. Die muskietagtige muggies het 'n kenmerkende dik gepunte agterlyf. Die meeste larwes leef in plantgalle wat hulle seld veroorsaak. Sommige van die die spesies is landbouplae. Daar is tans 26 spesies bekend maar kenners is van mening dat honderde spesies nog ontdel sal word.

Verwysings

Bronnelys Insektopedie, Erik Holm, Struik Nature, 2017,

Kategorie:Tweevlerkiges