The Woman in the House Across the Street from the Girl in the Window (algemeen afgekort as TWITHATSFTGITW) is 'n Amerikaanse swartkomediereeks vir televisie wat vir Netflix geskep is. Dit is hoofsaaklik 'n parodie op sielkundige rillers. Die reeks van agt episodes is op 28 Januarie 2022 begin stroom en het gemengde resensies gekry.

Die reeks is geïnspireer deur A.J. Finn se roman waarvan die rolprent The Woman in the Window gemaak is, Paula Hawkins se The Girl on the Train, Daphne du Maurier se Rebecca, Alfred Hitchcock se Rear Window en Gillian Flynn se Sharp Objects.

Storielyn 'n Gebroke vrou met die naam Anna is onseker of sy 'n moord gesien het. Sy meng alkohol met medisyne wat deur haar sielkundige voorgeskryf is, het dikwels hallusinasies en ly aan 'n verlammende vrees vir reën (ombrofobie).

Anna word beskinder deur lede van haar gemeenskap, insluitende haar nuwe bure. Ongeag of sy 'n moord gesien het of nie, Anna besluit om die waarheid uit te vind.

Hoofkarakters Kristen Bell as Anna Whitaker, 'n skilder wat 'n ruskans neem van haar loopbaan om te rou oor die dood van haar negejarige dogter, 'n tragedie wat ook die einde van haar huwelik beteken het. Sy ly aan 'n vrees vir reën en meng dikwels hele bottels wyn met haar medisyne, wat hallusinasies veroorsaak. Michael Ealy as Douglas Whitaker, Anna se eksman en sielkundige wat in reeksmoordenaars spesialiseer. Tom Riley as Neil Coleman, Anna se wewenaar-buurman. Mary Holland as Sloane, Anna se ondersteunende vriendin Cameron Britton as Buell, 'n eenvoudige, vriendelike nutsman wat al jare lank Anna se posbus regmaak. Shelley Hennig as Lisa, Neil se meisie wat Anna glo vermoor is. Dit word later onthul haar regte naam is Chastity Linkous. Samsara Yett as Emma Coleman, Neil se negejarige dogter.

Ontvangs Op Rotten Tomatoes het die reeks 'n goedkeuringsyfer van 54%, gebaseer op 57 resensies, en 'n gemiddelde punt van 5,9/10. Op Metacritic kry die reeks 'n punt van 49 uit 100, gebaseer op 21 resensies, wat dui op 'n "gemengde of gemiddelde" ontvangs.

Chitra Ramaswamy van The Guardian gee die prent 2 sterre uit 5 en noem dit "op sy beste belaglik en op sy slegste ontstellend".

Verwysings

Skakels

Kategorie:Amerikaanse televisiereekse