duimnael|Artie Shaw Artie Shaw (gebore as Arthur Jacob Arshawsky; 23 Mei 1910 – 30 Desember 2004) was 'n Amerikaanse klarinettis, komponis, orkesleier van jazzmusiek, akteur en die skrywer van beide fiksie en nie-fiksie.

Shaw word alomweë beskou as "een van jazz se beste klarinettiste" en het in die laat-1930's tot die vroeë 1940's aan die hoof gestaan van een van die VSA se gewildste jazzorkeste. Alhoewel hy verskeie treffers gehad het, word hy veral onthou vir sy 1938-opname van Cole Porter se "Begin the Beguine". Voor die vrystelling van "Beguine" was Shaw en sy ontluikende orkes relatief onbekend. Na die vrystelling van "Beguine" het Shaw spoedig te voorskyn getree as 'n bekende popmusikant. Die plaat sou uiteindelik een van die rigtinggewendste opnames van die era word. As musikant was Shaw rusteloos, en hy het spoedig 'n voorstander geword van wat later bekend sou staan as "Third Stream"-musiek, wat karakteristieke van klassieke musiek vermeng met jazzvorme en -tradisies. Sy musiek het ander musikante beïnvloed, soos Monty Norman in Engeland. Norman se "James Bond-tema" is waarskynlik beïnvloed deur Shaw se 1938-opname van "Nightmare".

Shaw het, buiten sy werk saam met groot orkeste of "big Bands", ook opnames gemaak saam met klein jazz-orkeste. Hy het van 1942 tot 1944 gedien in die Amerikaanse Vloot en gedurende die tyd aan die hoof gestaan van 'n orkes wat deur die Suid-Stille Oseaan getoer het en die gees van die soldate en matrose hoog gehou het. Na sy ontslag in 1944 het hy teruggekeer na die VSA en 'n orkes gelei. Na ontbinding van dié orkes het hy op ander belangstellings begin konsentreer en hom geleidelik onttrek van die professionele musiekwêreld, alhoewel hy steeds 'n gesaghebbende figuur in populêre- en jazzmusiek was, voordat hy hom in 1954 geheel en al onttrek het uit die musiekwêreld.

Keur uit sy diskografie +JaarTitelHoogstepos.Billboard Hot 100 (VSA)1936There's Frost On The Moon Brunswick Records101937All God's Chillun Got Rhythm (Brunswick of Vocalion)15Free Wheeling (Vocalion Records)13Love Is Good For Anything That Ails You20Love And Learn (Brunswick)111938Back Bay Shuffle (Bluebird Records)8Begin The Beguine (Bluebird), oorblywende liedjies almal by Bluebird, behalwe soos aangeteken1Deep In A Dream3Goodnight, Angel2I Have Eyes10Indian Love Call6Let 'Er Go12Nightmare7One Song15They Say11939Between A Kiss And A Sigh13Comes Love4Day In, Day Out11Deep Purple17Delightful Delirium15I Poured My Heart Into A Song4Jungle Drums15Many Dreams Ago11Melancholy Mood8Pastel Blue12Thanks For Everything1Traffic Jam9What Is This Thing Called Love15When Winter Comes6You Grow Sweeter As The Years Go By151940All The Things You Are8Old, Old Castle In Scotland25Frenesi1Adios, Mariquita Linda20The Blues, Pt. 1 & 2 141941Star Dust6Summit Ridge Drive10Concerto For Clarinet, Pt. 1 & 210Dancing In The Dark9Blues In The Night101944It Had To Be You101945Ac-Cent-Tchu-Ate The Positive (Victor Records)51946I Got The Sun In The Morning (Musicraft)17

Verwysings

Bronnelys Tom Nolan, Artie Shaw, King of the Clarinet: His Life and Times (W. W. Norton, New York, 2011). John White, Artie Shaw: His Life and Music (Bloomsbury Academic, Londen, 2004). Vladimir Simosko, Artie Shaw: A Musical Biography and Discography (Scarecrow Press, Lanham, MD, 2000).

Eksterne skakels

Onderhoud met Artie Shaw by NAMM Oral History Collection (1994) Biography at swingmusic.net Rare film blog: Artie Shaw 1985 "Swing Bandleader, Clarinetist Artie Shaw Dies", The Washington Post, 31 Desember 2004 Universiteit van Arizona: Artie Shaw-versameling Artie Shaw opnames by die Discography of American Historical Recordings Classic Artie Shaw Bluebird And Victor Sessions (Mosaic Records)

Kategorie:Geboortes in 1910 Kategorie:Sterftes in 2004 Kategorie:Amerikaanse musici Kategorie:Amerikaanse komponiste Kategorie:Jazz