Die blindevlieë, ook steekvlieë, (Tabanidae) is 'n familie van insekte wat tot die orde Diptera (tweevlerkiges) hoort. Die spesies is middelgroot, 10-25 mm. Die familie het groot, dikwels kleurvolle oë, 'n driehoekige kop en opvallende V-vormige voelers. By sommige spesies is die steek-suigende monddele lank. Die mannetjies suig nektar en die wyfies is bloedsuiers by soogdiere, maar kan ook nektar suig en selfs water drink. Die wyfies is die draers van verskeie siektes. Daar is 250 spesies bekend.

Verwysings

Bronnelys Insektopedie, Erik Holm, Struik Nature, Bl. 180, 2017,

Kategorie:Tweevlerkiges