Die swartmuggies (Simuliidae) is 'n familie van insekte wat tot die orde Diptera (tweevlerkiges) hoort. Die spesies is klein, 2-3 mm groot en is swart, harde muggies met 'n konvekse bors. Die voelers is korter as die kop. Die larwes leef in lopende water terwyl die volwassenes bloedsuiers is. Die familie is ernstige plae van vee en daar is tans 65 spesies bekend.
Verwysings
Bronnelys Insektopedie, Erik Holm, Struik Nature, 2017,
Kategorie:Tweevlerkiges