Patrick Cassidy is 'n Ierse komponis van orkes-, koor- en rolprentmusiek.

Vroeë lewe en opvoeding Cassidy is gebore in Claremorris, County Mayo, Ierland. Hy het in 1985 'n BSc in toegepaste wiskunde aan die Universiteit van Limerick verwerf en sy vroeë komposisieaktiwiteite ondersteun met 'n dagtaak as statistikus en tegnologie-ontleder.

Werke Cassidy is bekend vir sy narratiewe kantates – geskryf vir orkes en koor en gebaseer op die Ierse mitologie – en vir die aria "Vide Cor Meum", wat oorspronklik gekomponeer is vir die rolprent Hannibal wat geregisseer is deur Ridley Scott. Die libretto vir Cassidy se "Vide Cor Meum" is geneem uit Dante se eerste sonnet in La Vita Nuova. Cassidy se opera Dante het in 2024 sy première ontvang by die Theater Hof in Beiere.

The Children of Lir, wat in September 1993 vrygestel is, was vir 'n volle jaar nommer een op die Ierse klassieke trefferlyste. Dit was die eerste kantate wat in Iers geskryf is. Famine Remembrance, 'n opdragstuk geskryf vir die 150ste herdenking van die Groot Ierse Hongersnood, het sy première ontvang in New York se St. Patrick's Cathedral in 1996. In Junie 2007 is die stuk opgevoer tydens die opening van Toronto se Ireland Park, met die president van Ierland as spesiale gas.Amptelike webwerf, patrickcassidy.com; besoek op 29 November 2014.

Ander albums sluit in Cruit (verwerkings van 17de- en 18de-eeuse Ierse harpmusiek met Cassidy as die solis) en Deirdre of the Sorrows, 'n kantate in Iers, opgeneem saam met die Londen Simfonieorkes en die Tallis-koor. In 2004 is Immortal Memory, 'n samewerkingspoging met Lisa Gerrard, vrygestel.

Cassidy verdeel sy tyd tussen Los Angeles en Ierland, waar hy benewens sy konsertwerk klankbane vir rolprente en dokumentêre rolprente komponeer. Hy is verwant aan die sanger Sibéal Ní Chasaide, wat sy komposisie Mise Eire gesing het tydens die amptelike regeringsherdenkings van die 1916-Paasopstand.

Eerbewyse Cassidy is 'n ridder van die Orde van die Ster van Italië, wat toegeken is deur die president van Italië. Daarmee saam is die titel Cavaliere dell'Ordine della Stella d'Italia aan hom verleen. Hy het die Uitstaande Bydrae tot Kultuur/Kuns Alumni-toekenning 2007 van die Universiteit van Limerick ontvang. In 2022 is 'n pad in Claremorris, County Mayo, na Patrick Cassidy Road herdoop.

Komposisies The Children of Lir Famine Remembrance Deirdre of the Sorrows The Mass The Mass for Organ and Choir Dante, opera Kylemore Magnificat

Rolprent en televisie Cassidy het musiek verskaf vir die volgende:Fabian G. Huss: "Cassidy, Patrick", in: The Encyclopaedia of Music in Ireland, red. deur Harry White & Barra Boydell (Dublin: UCD Press, 2013).

Hannibal (2001) Veronica Guerin (2003) Confessions of a Burning Man (2003) Salem's Lot (2004) King Arthur (2004) Layer Cake (2004) Che Guevara (2005) Ashes and Snow (2005) Kingdom of Heaven (2005) The Front Line (2006) Breaking the Ice (2007) Edgar Allen Poe's Ligeia (2008) Fuga per la libertà - L'aviatore (2008) Kill the Irishman (2011) In 2010 is Cassidy se Dodemars gebruik in die lokprent vir The Tree of Life. Calvary (2014) 1916: The Irish Rebellion (2016) Smalltown (2016) No Words Needed: Croke Park 2007 (2017) Bad Suns (2020)

Opnames 1998: Cruit 1993: The Children of Lir (Londen Simfonieorkes en Tallis Kamerkoor) 1997: Famine Remembrance 1998: Deirdre of the Sorrows 2004: Immortal Memory – saam met Lisa Gerrard 2006: Ashes and Snow – saam met Lisa Gerrard 2014: Calvary 2016: 1916: The Irish Rebellion 2019: The Mass 2021: The Mass – Organ and Choir 2024: Kylemore Magnificat

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webtuiste Air-Edel Associates Youtube-video van Cassidy se Vide Cor Meum

Kategorie:Lewende mense Kategorie:Ierse musici