Die Jerichodam is deel van ‘n staatswaterskema in die ooste van Mpumalanga, Suid-Afrika.
Ligging Die dam is op die plaas Jericho in die Mpamaspruit, ‘n boloop van die Usuturivier. Dit is by die koördinate 26° 39′ 15″ suid en 30° 29′ 10″ oos, tussen die paaie bekend as N2 en R65, 18 km wes van Amsterdam en 50 km oos van Ermelo. Aan die noordekant is die Jerichodam-natuurreservaat en aan die suidekant ‘n kampeerterrein.
Dam Die dam is in 1966 gebou en die wal is reeds in 1968 verhoog. Die grondwal is 21,3 m hoog, het ‘n lengte van 1200 m en skep ‘n bakmaat van nagenoeg 60 miljoen m³. Dit het ‘n opvanggebied van 218 km² en as die dam vol is, is die oppervlakte van die meer ongeveer 10 km².
Gebruik Die water word aangewend vir huishoudelike en nywerheidsgebruik. ‘n Pompstasie lei water via pypleidings vir 25 km na reservoirs 244 m hoër op die waterskeiding tussen die Usuturiver en die Vaalrivier. Van daar gaan dit verder vir nog 17 km deur pype en tonnels na die Camden-kragstasie van Eskom wat hierdeur 136 miljoen liter water per dag ontvang.
Ander damme Ander damme in dieselfde waterskema is Morgenstonddam Westoedam Bosjesspruitdam Grootdraaidam Heyshopedam Trichardtsfonteindam
Lees ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika
Bibliografie alchetron.com/Jericho-Dam dws.gov.za/Tenders/Docs/2020/Jericho%204th%20DSIR20Jan%202016.pdf
Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Mpumalanga