Die Westoedam is 'n opgaardam, deel van 'n staatswaterskema in die suidoostekant van Mpumalanga, Suid-Afrika.
Ligging Die dam is in die Usuturivier geleë by 26° 29′ 35.9″ suid, 30° 36′ 28.1″ oos, op die plaas Westoe, 16 km noord van Amsterdam.
Dam Die grondwal met oorlope van beton dateer uit 1968 en is reeds in 1973 verbeter. Met 'n lengte van 1056 m en 'n hoogte van 26 m skep dit 'n meer met 'n maksimum oppervlakte van 7,3 km² en 'n volume van nagenoeg 60 miljoen m³. Die opvanggebied is 533 km² groot. Opgegaarde water word aangewend vir huishoudelike en nywerheidsgebruik sowel as koelwater by die kragsentrales. Die geskatte lewervermoë vir oordrag per tonnels en pypleidings na die Jerichodam is 85 miljoen liter per dag. Water kan ook vrygelaat word in die Ngwempisirivier.
Vis Hengelaars benut die dam gereeld, met karp, grootbekbaars en spikkelbaars wat volop voorkom.
Lees ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika
Bibliografie Standard Encyclopaedia of Southern Africa, deel 11. Kaapstad: Nasou, 1975. fishbrain.com/fishing-waters/alBMJ-pV/westoe-dam thewildebeest.co.za/04153-westoe-dam.php
Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Mpumalanga