Die Eurasiese otter (Lutra lutra), ook bekend as die Europese otter, Eurasiese rivierotter, visotter en ouwêreldse otter, is 'n semi-akwatiese soogdier inheems aan Eurasië en die Maghreb. Dit is die mees wydverspreide lid van die otter-subfamilie (Lutrinae) van die weselfamilie (Mustelidae) en word in die waterweë en kus van Europa, meeste dele van Asië en dele van Noord-Afrika aangetref.Godman, John Davidson (1836) American Natural History, Hogan & Thompson.
Die Eurasiese otter se dieet bestaan hoofsaaklik uit vis, maar dit maak ook jag op amfibieë, skaaldiere, klein soogdiere, voëls en reptiele. Dit is sterk territoriaal, en alhoewel sommige dele van sy habitat bedreig word, is dit besig om in ander te herstel.European Otter. theanimalfiles.comEuropean otter . purpleopurple.com
Verwysings
Kategorie:Marteragtiges