Wetgewende verkiesings is gehou in Suid-Afrika op Woensdag, 2 Junie 1999. Die African National Congress (ANC), wat aan die bewind is sedert die einde van die apartheidstelsel in 1994, is herverkies met 'n vergrote meerderheid.
duimnael|links|upright|Thabo Mbeki, tweede President van Suid-Afrika Hierdie was die tweede vrye verkiesings wat sedert die einde van die apartheidsera gehou is. Die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika bestaan uit 400 lede, verkies volgens proporsionele verteenwoordiging. Tweehonderd lede word vanuit nasionale partylyste verkies, en die ander 200 vanuit partylyste van elk van die nege provinsies. Die President van Suid-Afrika word gekies deur die Nasionale Vergadering ná elke verkiesing.
Die ANC, wat aan bewind is sedert 1994, het 66,35% van stemme op die nasionale stembrief gekry.
Die nuwe hoofopposisieparty was die Demokratiese Alliansie, heel moontlik van vorige ondersteuners van die Nuwe Nasionale Party. Die NNP het meeste van hul ondersteuning verloor, en het van 20,4% in 1994, na 6,9% in 1999 geval. Die Inkatha-Vryheidsparty het ook grond verloor.
Uitslag duimnael|Setels in die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika na die 1999-verkiesing Party (afkorting) Leier Stemme % Verandering Setels Verandering African National Congress (ANC) Thabo Mbeki 10 601 330 66,35 +3,7 266 +14 Demokratiese Party (DP) Tony Leon 1 527 337 9,56 +7,83 38 +31 Inkatha-Vryheidsparty (IFP) Mangosuthu Buthelezi 1 371 477 8,58 -1,96 34 -9 Nuwe Nasionale Party (NNP) Marthinus van Schalkwyk 1 098 215 6,87 -13,52 7 -54 United Democratic Movement (UDM) Bantu Holomisa 546 790 3,42 +3,42 14 +14 Afrika Christen Demokratiese Party (ACDP) Kenneth Meshoe 228 975 1,43 +0,98 6 +4 Vryheidsfront Plus (VP+) Pieter Mulder 127 217 0,8 -1,37 3 -6 United Christian Democratic Party (UCDP) Lucas Mangope 125 280 0,8 +0,8 3 +3 Pan Africanist Congress (PAC) 113 125 0,78 -0,47 3 -2 Federale Alliansie (FA) Louis Luyt 86 704 0,54 +0,54 2 +2 Minority Front (MF) Amichand Rajbansi 48 277 0,3 +0,23 1 +1 Afrikaner Eenheidsbeweging (AEB) 46 292 0,3 +0,3 1 +1 Azanian People's Organisation (AZAPO) 27 257 0,17 +0,17 1 +1 Abolition of Income Tax and Usury Party (AITUP) 10 611 0,07 +0,07 0 - The Government by the People – Green Party (GPGP) Judy Sole 9 193 0,06 +0,06 0 - Socialist Party of Azania (SOPA) 9 062 0,06 +0,06 0 - Totaal 15 977 142 100 - 400 -
Sien ook Kabinet van Thabo Mbeki
Eksterne skakels
Amptelike IEC-verkiesingsuitslae Suid-Afrikaanse algemene verkiesing, 1999 op electionresources.org
Kategorie:1999 Kategorie:Verkiesings in Suid-Afrika