Mount Frere is 'n dorp in Suid-Afrika, in die ooste van die provinsie van die Oos-Kaap. Die dorp is 100 km noordoos van Mthatha (Umtata). Die N2 nasionale pad gaan deur die dorp.
Geskiedenis Mount Frere is amptelik in 1876 na sir Bartle Frere genoem.
Omgewing Die Bhaca Xhosa-stam woon in die omgewing. Hulle naam vir die dorp is kwaBhaca (plek van die Bhaca). Die distrik is 1 800 km² groot. Die oorblywende woud bestaan uit geelhout en stinkhout.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.
Eksterne skakels
Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap