1 Maart is die 60ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (61ste in skrikkeljare). Daar volg nog 305 dae in die res van die jaar.
Gebeure 492 – Pous Gelasius I volg Pous Felix III op. 705 – Pous Johannes VII volg Pous Johannes VI op. 1510 – Die Slag van Soutrivier vind in Tafelbaai plaas. 1553 – Giambattista Catagna (later Pous Urbanus VII) word aangestel as aartsbiskop van Rossano voordat hy priester was. 1562 – Die Franse geloofsoorloë begin met ’n menseslagting op die Hugenote. 1565 – Estácio de Sá stig die stad Rio de Janeiro (Brasilië). 1591 – Pous Gregorius XIV ekskommunikeer Henri IV, koning van Frankryk. 1686 – Twintig oorlewendes van die Stavenisse arriveer in die Kaap. 1710 – Pous Clemens XI verklaar Lucia Broccadelli van Narni salig. 1753 – Swede is die laaste Wes-Europese land wat die Gregoriaanse kalender aanvaar. 1803 – Ohio word die 17de deelstaat van die Verenigde State. 1841 – Pous Gregorius XVI stel Louis-Jacques-Maurice de Bonald, aartsbiskop van Lyon aan as kardinaal. 1867 – Nebraska word die 37ste deelstaat van die Verenigde State. 1896 – Ethiopië wen die beslissende Slag van Adoea oor Italië wat die Eerste Italo-Abessiniese Oorlog tot ’n einde bring. 1919 – Japannese heerskappy in Korea: Die Samilbeweging in Korea begin landwyd met menige vreedsame protesaksies, maar word brutaal deur die Japannese polisie en weermag onderdruk. 1941 – In Suidwes-Afrika stig die NG gemeente Omaruru af van die moedergemeente, Otjiwarongo. 1947 – Die Internasionale Monetêre Fonds begin sy finansiële werksaamhede. 1954 – Die 15-megaton waterstofbom Castle Bravo ontplof op Bikini-atol in die Stille Oseaan, wat een van die ergste gevalle van radioaktiewe besoedeling deur kerntoetsing tot gevolg het. 1970 – Verenigde State President John F. Kennedy stig die Peace Corps. 1970 – Ysland sluit aan by die Europese Vryhandelsvereniging. 1992 − Bosnië-Herzegowina verklaar sy onafhanklikheid van Joego-Slawië. 1994 – Walvisbaai word amptelik deur Suid-Afrika aan Namibië oorhandig. 2001 – Wang Wei, in 'n Chinese vegvliegtuig, tref 'n VSA spioenvliegtuig. 2006 – Die Nuwe Nasionale Party ontbind.
Geboortes 1445 – Sandro Botticelli, skilder van "The birth of Venus" († 1510). 1798 – Gerrit Maritz, vername Voortrekkerpionier en leier († 1838). 1810 – Frédéric Chopin, Franse komponis († 1849). 1833 – Johann Heinrich Ferdinand Parow, Duitse eiendomsmagnaat aan die Kaap († 1910). 1850 – Abraham Kriel, Suid-Afrikaanse predikant en stigter van die Langlaagte-kinderhuis († 1928). 1878 – A.G. Visser, Suid-Afrikaanse digter († 1929). 1904 – Paul Hartman, Amerikaanse akteur († 1973). 1926 – Cesare Danova, Amerikaanse akteur († 1992). 1927 – Basie Vivier, Suid-Afrika se vier-en-twintigste Springbokkaptein († 2009). 1938 – Aart Staartjes, 'n Nederlandse akteur, regisseur, televisieaanbieder en dokumentêrmaker († 2020). 1939 – George Louw, Suid-Afrikaanse uitgewer, digter, en dramaturg († 2023). 1953 – Marietjie de Jongh, 'n Suid-Afrikaanse en Afrikaanse skryfster. 1954 – Catherine Bach, Amerikaanse aktrise. 1954 – Ron Howard, Amerikaanse akteur. 1963 – Bryan Batt, Amerikaanse akteur. 1967 – George Eads, Amerikaanse akteur. 1971 – Thomas Adès, Britse komponis, pianis en dirigent. 1978 – Jensen Ackles, Amerikaanse akteur. 1983 – Lupita Nyong'o, Keniaanse aktrise en vervaardiger. 1994 – Justin Bieber, Kanadese sanger.
Sterftes 492 – Pous Felix III, die 48 pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 965 – Pous Leo VIII, die 131ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1510 – Francisco de Almeida, 'n Portugese edelman, soldaat en ontdekkingsreisiger (* 1450). 1551 – Martin Bucer, Duitse teoloog (* 1491). 1792 – Leopold II, Heilige Romeinse Keiser, (* 1747). 1911 – Jacobus Henricus van 't Hoff, Nederlandse fisiese chemikus (* 1852). 1950 – Alfred Korzybski, Pools-Amerikaanse filosoof (* 1879). 1960 – Al Thompson, Amerikaanse akteur (* 1884). 1970 – Ed. Hoornik, Nederlandse digter, skrywer, dramaturg (* 1910). 1983 – Arthur Koestler, Hongaars-Britse skrywer (* 1905). 1987 – Bertrand de Jouvenel, Franse filosoof, politieke ekonoom en futuris (* 1903). 2006 – Jack Wild, Britse akteur en sanger (* 1952). 2013 – Bonnie Franklin, Amerikaanse aktrise (* 1944). 2015 – Daniel von Bargen, Amerikaanse akteur (* 1950). 2024 – Iris Apfel, Amerikaanse sakevrou, binnehuisversierder en mode-ikoon (* 1921).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Sint Dawiddag in Wallis. Mărţişor in Roemenië. Martenitsa in Bulgarye. Feesdag van Pous Felix III in die Rooms-Katolieke Kerk.
Gepubliseer Teologie 1756 – Ex Quo: Oor die Euchologion (Bisantynse liturgieboek) - deur Pous Benedictus XIV.
Kategorie:Maart