16 Februarie is die 47ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 318 dae in die res van die jaar (319 in skrikkeljare).
Gebeure 1448 – Pous Nicolaas V bevorder Antonio Cerdá y Lloscos, aartsbiskop van Messina, tot kardinaal. 1686 – Die Stavenisse strand by Ifafa Strand. 1838 – In die nag van 16/17 Februarie val Zoeloesoldate die Voortrekkers aan en die Groot Moord van Bloukrans vind plaas. 1891 – Wolmaransstad word as dorp geproklameer. 1908 – Vanwyksdorp se Neo-Gotiese NG kerkgebou word ingewy. 1918 – Die Raad van Litaue aanvaar die Onafhanklikheidswet eenparig en verklaar Litaue tot ’n onafhanklike staat. 1923 – Howard Carter open die grafkelder van Toetankamen, 'n Farao van die agttiende dinastie van Egipte. 1959 – Fidel Castro word Premier van Kuba nadat die heersende diktator Fulgencio Batista op 1 Januarie afgesit is. 1962 – Vloede in die kusgebiede van Wes-Duitsland laat 315 mense dood en verwoes die huise van meer as 60 000. 1968 – Die eerste noodoproepstelsel na die nommer 9-1-1 word in Haleyville, Alabama in gebruik geneem.
Geboortes 1497 – Philipp Melanchthon, leidende Protestantse hervormer wat noue bande met Martin Luther gehad het († 1560). 1519 – Gaspard de Coligny, Franse admiraal en Protestantse leier († 1572). 1834 – Ernst Haeckel, Duitse bioloog en filosoof († 1919). 1884 – Robert J. Flaherty, Amerikaanse rolprentvervaardiger en -regisseur († 1951). 1935 – Leonore Veenemans, Suid-Afrikaanse sopraan († 1973). 1935 – Sonny Bono, Amerikaanse akteur († 1998). 1936 – Eliahu Inbal, Israelse dirigent. 1939 – Marita Napier, Suid-Afrikaanse sopraan († 2004). 1941 – Kim Jong-il, leier van Noord-Korea se Kommunistiese Party († 2011). 1948 – Eckhart Tolle, Duitse onderwyser en skrywer. 1950 – Peter Hain, Britse politikus en anti-apartheidsaktivis wat veral betrokke was by die ontwrigting van Suid-Afrikaanse rugby- en kriekettoere na Brittanje. 1957 – Roy Bennett, Zimbabwiese politikus († 2018). 1958 – Ice-T, Amerikaanse kletskunstenaar, akteur en vervaardiger. 1974 – Mahershala Ali, Amerikaanse akteur. 1989 – Elizabeth Olsen, Amerikaanse aktrise en vervaardiger. 1991 – Marilyn Ramos, Mej Suid-Afrika in 2012.
Sterftes 1391 – Johannes V Palaiologos, Bisantynse keiser (* 1332). 1968 – Gert van den Bergh, Suid-Afrikaanse akteur (* 1920). 1986 – Howard Da Silva, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1909). 2015 – Lesley Gore, Amerikaanse sangeres (* 1946). 2016 – Boutros Boutros-Ghali, Egiptiese politikus en sesde sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (* 1922). 2017 – Dick Bruna, Nederlandse grafiese ontwerper, tekenaar en skrywer van kinderboeke (* 1927). 2020 – Larry Tesler, Amerikaanse rekenaarwetenskaplike (* 1945). 2024 – Aleksei Nawalni, Russiese regsgeleerde, politikus en finansiële aktivis (* 1976). 2025 – Yolanda Montes, Amerikaanse aktrise, verhoognaam "Tongolele" (* 1932).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
Kategorie:Februarie