23 Februarie is die 54ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 311 dae in die res van die jaar (312 in skrikkeljare).
Gebeure 385 – Keiser Valentianus III bekragtig die verkiesing van Pous Siricius in 'n brief aan Pinius. 1141 – Pous Innocentius II stel Ubaldo Allucingoli (later Pous Lucius III) aan as kardinaal-priester van St. Prassede. 1455 – Johannes Gutenberg begin die Gutenbergbybel in Mainz druk. 1539 – Pous Paulus III stel Ugo Boncompagni (later Pous Gregorius XIII) aan as abbreviatore del Parco Maggiore. 1549 – Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV) word aartsbiskop van Napels. 1711 – Michelangelo Conti (later Pous Innocentius XIII) word kardinaal-priester van Ss. Quirico en Giulitta. 1739 – Pous Clemens XII stel Gaetano Stampa, aartsbiskop van Milaan en Pierre-Guérin de Tencin, aartsbiskop van Embrun aan as kardinaal. 1801 – Pous Pius VII stel 24 nuwe kardinale aan waaronder Giuseppe Firrao, titulêr aartsbiskop van Petra. 1854 – Die Oranje-Vrystaat verkry onafhanklikheid deur die ondertekening van die Konvensie van Bloemfontein. 1903 – Guantanamobaai, Kuba, word tot in ewigheid aan die VSA verhuur. 1929 – Op Otjiwarongo in die destydse Suidwes-Afrika word die hoeksteen van die NG gemeente Otjiwarongo se eerste saal aldaar gelê. 1912 – Die Week, voorloper van Die Vaderland, verskyn die eerste keer. 1945 – Joe Rosenthal neem die Pulitzerpryswennerfoto Raising the Flag on Iwo Jima, 'n beeld wat later herskep word in die beeld by die Amerikaanse Marinierskorps Oorlogsmonument. 1947 – Die Internasionale Organisasie vir Standardisasie word gestig. Dit is verantwoordelik vir wêreldwye industriële en kommersiële ISO-standaarde. 2025 – ’n Vervroegte Federale verkiesing is in Duitsland gehou om die 630 lede van die 21ste Bundestag te verkies.
Geboortes 1417 – Pietro Barbo, later Pous Paulus II († 1471). 1605 – Frans Banninck Cocq, 17de eeuse burgemeester van Amsterdam († 1655). 1633 – Samuel Pepys, staatssekretaris in die admiraliteit van die Koninkryk van Engeland, president van die Royal Society († 1703). 1685 – Georg Friedrich Händel, Engelse komponis van Duitse afkoms († 1759). 1880 – Ida Darling, Amerikaanse aktrise († 1936). 1907 – Otto du Plessis, ‘n dinamiese leier op kulturele en politieke gebied († 1960). 1924 – Allan McLeod Cormack, Suid-Afrikaansgebore natuurkundige († 1998). 1939 – Denis Arndt, Amerikaanse akteur, skrywer, en vervaardiger († 2025). 1945 – Allan Boesak, geestelike van die eertydse NG Sendingkerk, politikus en anti-apartheidsaktivis. 1956 – Lydia Winchester, Suid-Afrikaanse musiekpromotor. 1974 – Herschelle Gibbs, Suid-Afrikaanse krieketspeler. 1983 – Aziz Ansari, Amerikaanse akteur. 1983 – Emily Blunt, Amerikaanse aktrise. 1994 – Dakota Fanning, Amerikaanse aktrise.
Sterftes 1447 – Pous Eugenius IV, 207de pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1431 tot 1447 (* 1383). 1507 – Gentile Bellini, Italiaanse skilder uit die Renaissance (* 1429). 1766 – Stanislas Leszczynski, koning van Pole (* 1677). 1821 – John Keats, Engelse Romantiese digter (* 1795). 1848 – John Quincy Adams, 6de President van die Verenigde State (* 1767). 1855 – Carl Friedrich Gauss, Duitse wiskundige, astronoom (* 1777). 1871 – Martin Melck, stamvader van die Melck-familie in Suid-Afrika (* 1723). 1929 – Mercédès Jellinek, Oostenrykse vrou na wie die voertuig-handelsnaam Mercedes-Benz vernoem is (* 1889). 1934 – Edward Elgar, Engelse komponis (* 1857). 1965 – Stan Laurel, Engelse akteur en skrywer, bekend vir sy The Laurel and Hardy Show (* 1890). 1989 – Hans Hellmut Kirst, Duitse skrywer (* 1914). 2003 – Ds. Frans Maritz, leraar in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en leier in die Sinode van Midde-Afrika (* 1946). 2010 – Madeleine van Biljon, Suid-Afrikaanse skryfster en joernalis (* 1928). 2016 – Dr. Anton Prinsloo, Afrikaanse taalwetenskaplike en skrywer (* 1941).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Verdedigers van die Moederlanddag in Rusland (1918) Republiekdag in Guiana, (1970), Lanternfees in die Chinese kalender (2005).
Kategorie:Februarie