26 Februarie is die 57ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 308 dae in die res van die jaar (309 in skrikkeljare).
Gebeure 964 – Die afgesette Pous Johannes XII laat sy opvolger Pous Leo VIII afset en vervang met Pous Benedictus V. 1126 – Pous Honorius II keur die stigting van die Norbertyne-kloosterorde goed. 1266 – Koning Manfred van Sisilië sterf in die slag van Benevento in gevegte met Angeveense magte onder leiding van Charles, die Graaf van Anjou. 1424 – Pous Martinus V ontbind die konsilie van Sienna. 1561 – Pous Pius IV stel 18 nuwe kardinale aan, waaronder sy neef Mark Sittich von Hohenems. 1569 – Pous Pius V publiseer die bul Hebraeorum Gens waarin Jode verban word uit die kerklike staat. 1815 – Napoleon Bonaparte ontsnap uit bannelingskap vanaf Elba. 1852 – HMS Birkenhead , 'n Britse troepeskip, vergaan by Danger Point met 'n groot verlies aan lewens. Die skip verwerf bekendheid vir die tradisie van "vroue en kinders eerste". 1935 – Adolf Hitler herstig die Duitse lugmag die Luftwaffe, en verbreek hiermee die Verdrag van Versailles wat na die Eerste Wêreldoorlog geteken is. 1935 – In Daventry, Engeland, demonstreer Robert Watson-Watt vir die eerste keer die gebruik van radar. 1993 – Wêreldhandelsentrum bomaanval: 'n Paneelwa gehuur deur Ramzi Yousef ontplof in die ondergrondse parkeerplek van die Wêreldhandelsentrum in New York Stad, ses mense sterf en meer as 1000 word beseer. 2023 – In die eindstryd van die agtste T20I-vrouewêreldbeker verslaan Australië Suid-Afrika met 19 lopies.
Geboortes 1361 – Wenzel van Luxemburg, Duitse koning, koning van Bohemië († 1419). 1418 – Christoffel van Beiere, koning van Denemarke, Noorweë en Swede († 1448). 1694 – Karl Gottlob Sperbach, Duitse letterkundige en filoloog († 1772). 1802 – Victor Hugo, Franse skrywer, digter en dramaturg († 1885). 1811 – Sir Philip Wodehouse, Britse goewerneur van die Kaapkolonie († 1887). 1833 – Charles Murray, NG Kerk predikant en vierde seun van ds. Andrew Murray sr. († 1904). 1845 – Cornelis van Boeschoten, Nederlands-Transvaalse onderwyser en staatsman († 1927). 1845 – Aleksander III van Rusland, tsaar van Rusland († 1894). 1882 – Husband Kimmel, Amerikaanse admiraal († 1968). 1896 – Andrei Zhdanov, Sowjet leier en kulturele ideoloog († 1948). 1913 – Paula Styger, Suid-Afrikaanse aktrise († 2000). 1915 – Elisabeth Eybers, Afrikaanse digteres en ontvanger van die Hertzogprys († 2007). 1917 – George Claassen (snr.), wenner van die Comrades-maraton in 1961 († 2014). 1932 – Johnny Cash, Amerikaanse country-sanger († 2003) 1974 – Sébastien Loeb Franse professionele tydren-, wedren- en rallycross-renjaer. 1975 – Tunde Adebimpe, Amerikaanse akteur. 1982 – Li Na, Chinese beroepstennisspeler. 1984 – Minki van der Westhuizen, Suid-Afrikaanse model en televisiepersoonlikheid.
Sterftes 326 – Pous Aleksander I van Alexandrië 19de patriarg van die Kerk in Alexandrië. (* ?). 1935 – August Ahrbeck, Suid-Afrikaanse predikant en taalstryder (* 1851). 1966 – Minerva Urecal, Amerikaanse aktrise (* 1894). 1989 – Roy Eldridge, Amerikaanse jazzmusikant en -trompetspeler. (* 1911). 1994 – Bill Hicks, Amerikaanse komediant (* 1961). 2009 – Wendy Richard, Engelse aktrise (* 1943). 2018 – Mies Bouwman, Nederlandse televisie-aanbieder (* 1929). 2025 – Gene Hackman, Amerikaanse akteur (* 1930).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Vryheidsdag in Koeweit (1991); Feesdag van Pous Aleksander I van Alexandrië volgens die Rooms-Katolieke Kerk.
Kategorie:Februarie