27 Februarie is die 58ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 307 dae in die res van die jaar (308 in skrikkeljare).
duimnael|200px|Naas Botha se verjaarsdag. duimnael|200px|Die aktrise Elizabeth Taylor is op die dag in 1932 gebore.
Gebeure 380 – Edik De fide Catholica van keiser Theodosius I wat die Roomse geloof die staatsgodsdiens van die Romeinse Ryk maak. 1287 – Karel van Salerno onderteken 'n kontrak waarin hy afstand doen van die koninkryk van Sisilië. Pous Honorius IV erken nie die kontrak nie. 1594 – Die Koning van Navarre word gekroon as Koning Henri IV van Frankryk by die Katedraal van Chartres naby Parys, wat die Bourbon-dinastie begin. 1617 – Swede teken die Verdrag van Stolbovo om die Ingrianoorlog met Rusland te beëindig en slaag in aansienlike gebiedsuitbreiding. 1639 – Giulio Rospigliosi (later Pous Clemens IX) se komiese opera Chi soffre speri het sy premiêre in Rome. 1782 – Pous Pius VI vertrek na Wene om te onderhandel met keiser Joseph II. 1801 – Washington, D.C. word onder die jurisdiksie van die Kongres van die VSA geplaas. 1871 – Tydens 'n wolkbreuk hoop die water op by Patrysfontein en 'n vloedgolf so hoog soos 'n huis tref Victoria-Wes (Kaapkolonie), om 21h00. Meer as 100 mense verdrink en 34 huise word verwoes. 1881 – Eerste Vryheidsoorlog: Die Slag van Majuba vind plaas. 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Paardeberg eindig in ’n Britse oorwinning tydens die Tweede Vryheidsoorlog. 1933 – Die Reichstag-gebou word, in ’n sleutelgebeurtenis in die vestiging van die Naziregering in Duitsland, aan die brand gesteek. 1964 – Die Italiaanse Regering vra vir hulp om die Skewe Toring van Pisa se omtuimeling te verhoed. 1971 – Die olietenkskip SS Wafra loop op die rotse van die Northumberlandrif naby Agulhas en veroorsaak massiewe oliebesoedeling. 1971 – Dokters by die Nederlandse aborsiekliniek (die Mildredhuis in Arnhem) voer die eerste kunsmatig-geïnduseerde aborsies uit. 1976 – Die Polisariofront van Wes-Sahara verklaar in Tindouf die onafhanklikheid van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara met Laayoune as hoofstad. 1991 – Golfoorlog: V.S. President George H.W. Bush kondig aan dat "Koeweit bevry is". 2002 – Ryanair vlug 296 slaan aan die brand op Londen se Stansted-lughawe. Ondersoeke hierna kritiseer Ryanair se hantering van die ontruiming dié dag. 2002 – Godhra-treinbrand: 'n Moslembende steek 'n trein aan die brand wat van Ayodhya terugkeer, 59 Hindoepelgrims sterf. 2004 – Die bombardering van Superferry deur Abu Sayyaf in die Filippyne se ergste terroriste-aanval laat 116 dood. 2004 – Shoko Asahara, die leier van die ekstreme Japannese sekte Aum Shinrikyo, word ter dood veroordeel vir die senugasaanval op die Tokio-moltrein in 1995. 2015 – Sluipmoord op Boris Nemtsof, Russiese wetenskaplike, staatsman en liberale politikus, naby die Rooiplein in Moskou.
Geboortes 272 – Keiser Konstantyn die Grote († 337). 1748 – Anders Sparrman, Sweedse natuurkundige, medikus en aktivis († 1820). 1807 – Henry Wadsworth Longfellow, Amerikaanse digter († 1882). 1847 – Ellen Terry, Engelse aktrise († 1928). 1861 – Rudolf Steiner, antroposoof († 1925). 1892 – William Demarest, Amerikaanse akteur († 1983). 1902 – C.M. van den Heever, Afrikaanse skrywer en digter († 1957). 1902 – John Steinbeck, Amerikaanse joernalis en skrywer, Nobelprys-wenner († 1968). 1903 – Reginald Gardiner, Engels-Amerikaanse akteur and sanger († 1980). 1912 – Lawrence Durrell, Indies-Britse outeur, digter en dramaturg († 1990). 1913 – Paul Ricœur, Franse filosoof en akademikus († 2005). 1923 – Dexter Gordon, Amerikaanse jazzmusikant († 1990). 1930 – Joanne Woodward, Amerikaanse aktrise. 1932 – Elizabeth Taylor, Brits-Amerikaanse aktrise († 2011). 1940 – Howard Hesseman, Amerikaanse akteur en regisseur († 2022). 1942 – Denise Darvall, hartskenker vir die eerste menslike hartoorplanting († 1967). 1944 – Graeme Pollock, Suid-Afrikaanse krieketspeler. 1953 – Ian Khama, Botswana-politikus en vierde president van Botswana (2008–2018). 1955 – Grady Booch, Amerikaanse sagteware-ingenieur. 1957 – Timothy Spall, Engelse akteur. 1958 – Naas Botha, Suid-Afrika se veertigste Springbokkaptein. 1962 – Adam Baldwin, Amerikaanse akteur. 1962 – Grant Show, Amerikaanse akteur. 1965 – Noah Emmerich, Amerikaanse akteur. 1966 – Donal Logue, Kanadese akteur en regisseur. 1967 – Jonathan Ive, Britse ontwerper van verskeie Apple elektroniese gebruiksprodukte. 1983 – Kate Mara, Amerikaanse aktrise. 1994 – Hou Yifan, Chinese skaakspeler.
Sterftes 364 – Keiser Jovianus (* 331). 1425 – Wasili I van Moskou, Grootprins van die Rjoerik-dinastie (* 1371). 1879 – Groothertog Wjatsjeslaf Konstantinowitsj van Rusland, jongste seun van groothertog Konstantyn Nikolajewitsj (* 1862). 1881 – Sir George Pomeroy Colley, Britse soldaat en Goewerneur van Natal; tydens die Slag van Majuba (* 1835). 1902 – Harry "Breaker" Morant, Australiese luitenant, tereggestel in Pretoria weens verskeie moorde (* 1864). 1906 – Samuel Langley, Amerikaanse sterrekundige, fisikus, uitvinder van die bolometer en lugvaartpionier (* 1834). 1979 – Salty du Rand, Suid-Afrika se vyf-en-twintigste Springbokkaptein (* 1926). 1980 – George Tobias, Amerikaanse akteur (* 1901). 1985 – J. Pat O'Malley, Engels-Amerikaanse akteur en sanger (* 1904). 1987 – Joan Greenwood, Engels aktrise (* 1921). 1989 – Konrad Lorenz, Oostenrykse dierkundige en voëlkenner, Nobelpryswenner (* 1903). 1993 – Lillian Gish, Amerikaanse aktrise (* 1893). 1998 – George H. Hitchings, Amerikaanse farmakoloog en akademikus, Nobelpryswenner (* 1905). 1998 – J. T. Walsh, Amerikaanse akteur (* 1943). 2003 – Fred Rogers, Amerikaanse akteur en TV-aanbieder(* 1928). 2009 – John Alvin, Amerikaanse akteur (* 1917). 2015 – Boris Nemtsof, Russiese wetenskaplike, staatsman en liberale politikus (* 1959). 2015 – Richard Bakalyan, Amerikaanse akteur (* 1931). 2015 – Leonard Nimoy, Amerikaanse akteur, digter, musikant en fotograaf (* 1931). 2025 – Boris Spasski, Russiese skaakspeler (* 1937).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Onafhanklikheidsdag in die Dominikaanse Republiek (1844) Nasionale Melktertdag
Kategorie:Februarie