18 Februarie is die 49ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 316 dae in die res van die jaar (317 in skrikkeljare).

Gebeure 1220 – Pous Honorius III verklaar Hugo, biskop van Lincoln, heilig. 1815 – Die ondertekening van die Vrede van Gent beëindig die Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812. 1827 – Die Fourah Bay Kollege word gestig in Freetown, Sierra Leone, die eerste Westerse-styl universiteit wat in Afrika suid van die Sahara gebou word. 1839 – Pous Gregorius XVI stel Charles Januarius Acton, ouditeurgeneraal van die Apostoliese Kamer, aan as kardinaal. 1854 – Stigting van NG gemeente Hopetown op die plaas Duvenaarsfontein, Noord-Kaap. 1857 – Die Nasionale Selfmoord van Xhosas vind plaas. 1861 – Jefferson Davis word in Montgomery, Alabama ingesweer as president van die Gekonfedereerde State van Amerika. 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Paardeberg neem 'n aanvang. 1930 – Clyde W. Tombaugh ontdek die planeet Pluto, sedert 24 Augustus 2006 'n dwergplaneet. 1946 – In sy eerste konsistorie na die Tweede Wêreldoorlog, stel Pous Pius XII 32 nuwe kardinale aan met heelparty nie-Italianers en geestelikes uit China, Indië en die Midde Ooste. 1952 – Griekeland en Turkye sluit by NAVO aan. 1965 – Gambië word Afrika se 36ste onafhanklike staat. 1982 – Die SAS President Kruger sink nadat dit met die SAS Tafelberg bots met verlies van 16 seemanne.

Geboortes 1516 – Maria I van Engeland, koningin van Engeland en van Ierland († 1558). 1745 – Alessandro Volta, 'n Italiaanse fisikus, chemikus, en 'n pionier in die veld van elektrisiteit († 1827). 1832 – Octave Chanute, Frans-Amerikaanse siviele ingenieur en lugvaartpionier († 1910). 1854 – Herbert John Gladstone, Britse politikus en eerste Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1910–1914) († 1930). 1919 – Amir Abbas Hoveyda, Iranse ekonoom en politikus, premier van Iran († 1979). 1931 – Toni Morrison, Amerikaanse romanskryfster († 2019). 1939 – Marek Janowski, Pools-gebore Duitse dirigent. 1950 – Cybill Shepherd, Amerikaanse aktrise. 1953 – Leon van Nierop, Afrikaanse vervaardiger, skrywer en rolprentresensent. 1954 – John Travolta, Amerikaanse filmakteur, danser en sanger. 1957 – Vanna White, Amerikaanse rolprentaktrise en TV-gasvrou van die Wheel of Fortune. 1968 – Molly Ringwald, Amerikaanse aktrise. 2004 – Kylie Rogers, Amerikaanse aktrise.

Sterftes 999 – Pous Gregorius V, 138ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±972). 1294 – Kublai Khan, die kleinseun van Genghis Khan, ook 'n Mongoliese leier en stigter van China se Yuan-dinastie (* 1215). 1535 – Cornelius Agrippa, Okkultisme (* 1486). 1546 – Martin Luther, teologiese grondlegger en leraar van die Reformasie (* 1483). 1564 – Michelangelo, Italiaanse skilder, beeldhouer, argitek, digter en ingenieur (* 1475). 1780 – Kristijonas Donelaitis, Pruisies-Litause digter (* 1714). 1831 – Lord Charles Somerset, goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop (* 1767). 1905 – Julius De Geyter, Vlaamse joernalis en skrywer (* 1830). 1967 – Robert Oppenheimer, Amerikaanse teoretiese fisikus (* 1904). 1997 – Antonio de Almeida, Franse dirigent en musikoloog (* 1928). 2011 – Lucas Maree, Afrikaanse sanger en liedjieskrywer (* 1952). 2022 – Brad Johnson, Amerikaanse akteur (* 1959). 2026 – Clem Sunter, Suid-Afrikaanse toekomskundige, scenario-beplanner, sakeleier en skrywer (*1944).

Vakansies, vierings en waarnemingsdae Feesdag van Pous Leo I in die Ortodokse Kerk.

Gepubliseer Teologie 1745 - Cum multorum chariate - waarin gebede gevra word vir koning Lodewyk van Frankryk - deur Pous Benedictus XIV.

Kategorie:Februarie