21 Februarie is die 52ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 313 dae in die res van die jaar (314 in skrikkeljare).
Gebeure 1477 – Kardinaal Alonso de Borja (later Pous Callixtus III) sluit aan by die Kurie. 1533 – Pous Clemens VII stel Esteban Merino, patriarg van Wes-Indië, aan as kardinaal. 1578 – Pous Gregorius XIII stel nog 9 kardinale aan. Een van hulle, Fernando de Toledo Oropesa, priester van Toledo, weier die aanstelling. 1600 – Alessandro Ottaviano de' Medici (later Pous Leo XI) word kardinaal van Trastevere. 1613 – Mikchail I word eenparig deur die Zemsky Sobor tot Tsaar verkies en begin daarmee die Romanofdinastie in Keiserlike Rusland. 1775 – Pous Pius VI word tot biskop gewy. 1794 – Pous Pius VI stel agt nuwe kardinale aan, waaronder Jean-Siffrein Maury, aartsbiskop-biskop van Montefiascone en Corneto. 1794 – Annibale Sermattei della Genga (later Pous Leo XII) word titulêr aartsbiskop van Tirus en nuntius in Lucerne. 1804 – Die eerste selfaangedrewe stoomenjin of lokomotief, gebou deur Richard Trevithick, loop vir die eerste keer in Wallis. 1848 – Die Kommunistehandves deur Karl Marx en Friedrich Engels word vir die eerste keer gepubliseer. 1916 – Eerste Wêreldoorlog: Die Slag van Verdun begin. 1917 – Eerste Wêreldoorlog: Die troepskip SS Mendi sink met 'n verlies van 805 Suid-Afrikaanse soldate. 1931 – Pous Pius XI verklaar Pous Benedictus XIII tot Dienaar van God. 1947 - Koning George VI van die Verenigde Koninkryk open die Suid-Afrikaanse Parlement in Kaapstad. 1952 – Betogers in Dhaka, Oos-Pakistan stap teen militêre geweervuur in om die vestiging van Bengaals as 'n amptelike taal te vestig. 1965 – Swart Nasionalis Malcolm X sterf in 'n sluipmoordaanval op lede van die Nation of Islam in New York Stad. 1960 – Fidel Castro nasionaliseer alle privaatondernemings in Kuba. 1987 – Die leiers van die Action Directe, 'n linksgesinde terreurorganisasie, word op 'n plaas naby Orléans, Frankryk, deur die polisie betrap. 2022 – Die Russiese president Wladimir Poetin onderteken 'n wet waardeur die selfverklaarde Volksrepubliek Donetsk en Volksrepubliek Loehansk deur Rusland as onafhanklike republieke erken word.
Geboortes 1728 – Pieter III van Rusland, tsaar van Rusland († 1762) 1836 – Léo Delibes, Franse komponis († 1891). 1877 – Totius, Suid-Afrikaanse digter, predikant en hoogleraar aan die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk († 1953). 1889 – Pieter van der Byl, Suid-Afrikaanse kabinetsminister van die Verenigde Party († 1975). 1903 – Gerard Rissik, Suid-Afrikaanse bankier en die vierde president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank († 1979). 1903 – Anaïs Nin, Amerikaanse essayis, romansier en kortverhaalskryfster († 1977). 1910 – Douglas Bader, Britse Koninklike Lugmag, bobaasvlieënier tydens die Tweede Wêreldoorlog. († 1982). 1921 – John Rawls, Amerikaanse filosoof († 2002). 1924 – Robert Mugabe, Zimbabwiese politikus en staatsman, President van Zimbabwe († 2019). 1934 – Rue McClanahan, Amerikaanse aktrise en vervaardiger († 2010). 1937 – Harald V, koning van Noorweë († 2026). 1944 – Herman De Coninck, Belgiese digter, essayis, joernalis en uitgewer († 1997). 1946 – Alan Rickman, Britse akteur († 2016). 1962 – Chuck Palahniuk, Amerikaanse skrywer. 1963 – William Baldwin, Amerikaanse akteur en vervaardiger. 1972 – Mark Andrews, Suid-Afrikaanse rugbyspeler. 1972 – Jordan Peele, Amerikaanse akteur.
Sterftes 1437 – Jakob I, koning van Skotland. 1513 – Pous Julius II, 216de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1443). 1677 – Baruch Spinoza, Nederlandse filosoof (* 1632). 1730 – Pous Benedictus XIII, 245ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1649). 1899 – Ds. Pieter Adam Strasheim, vader van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Zimbabwe (* 1851). 1919 – Mary Walker, Amerikaanse prohibisionis, krygsgevangene en chirurg (* 1832). 1974 – Lewis Martin, Amerikaanse akteur (* 1895). 1996 – Priscilla Bonner, Amerikaanse aktrise (* 1899). 2003 – Julie Mitchum, Amerikaanse aktrise (* 1914). 2005 – Myburgh Streicher, Suid-Afrikaanse politikus (* 1928). 2018 – Billy Graham, Amerikaanse evangelis (* 1918).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Internasionale Moedertaaldag word gevier. Gewapende Magte Dag (Suid-Afrika)
Kategorie:Februarie