20 Februarie is die 51ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 314 dae in die res van die jaar (315 in skrikkeljare).
Gebeure 1193 – Pous Celestinus III benoem Cencio Savelli (later Pous Honorius III) as kardinaal-diaken van St. Lucia in Sisilië. 1472 – Jakobus III van Skotland annekseer die Orkney- en Shetlandeilande van Denemarke-Noorweë. 1751 – Pous Benedictus XIV publiseer Elapso poxime anno oor kettery en asiel. 1810 – Sluipmoord op Andreas Hofer, ’n Tiroolse patriot en leier van ’n opstand teen Napoleon se troepe. 1878 – Pous Leo XIII volg Pous Pius IX op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1913 – Koning O'Malley slaan die eerste paal in om die aanvang van die bou van Canberra aan te dui. 1938 – Die Switserse volk stem vir die aanvaarding van Reto-Romaans as die vierde amptelike taal van Switserland. 1959 – Die supersoniese stralerprogram, Avro Arrow, word tot niet gemaak deur die Kanadese regering van John George Diefenbaker. 1962 – John Glenn, word die eerste Amerikaner wat om die Aarde wentel in Friendship 7. 1965 – Die ruimtetuig Ranger 8 versend met sukses 7 137 foto's van die maan in die laaste 23 minute van sy sending voordat die tuig in Mare Tranquillitatis neerstort.
Geboortes 1844 – Ludwig Boltzmann, Oostenrykse wis- en natuurkundige († 1906). 1870 – Pieter Cornelis Boutens, Nederlandse digter en klassikus. († 1943). 1892 – Arthur Schröder, Duitse akteur († 1986). 1898 – Enzo Ferrari, Italiaanse motorrenjaer en entrepreneur († 1988). 1902 – Ansel Adams, Amerikaanse fotograaf († 1984). 1927 – Sidney Poitier, Amerikaans gebore akteur, regisseur, skrywer en diplomaat († 2022). 1930 – Prof. Cas Janse van Vuuren, Unisa se visekanselier van 1989 tot 1993 († 2014). 1936 – Marj Dusay, Amerikaanse aktrise († 2020). 1948 – Jennifer O'Neill, Amerikaanse aktrise. 1951 – Gordon Brown, Britse politikus en Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk van 2007 tot 2010. 1960 – Fayez al-Sarraj, Premier van die regering van die nasionale akkoord (GNA) van Libië. 1964 – Willie Garson, Amerikaanse akteur, regisseur, en vervaardiger († 2021). 1967 – Kurt Cobain, Amerikaanse sanger en kitaarspeler (Nirvana) († 1994). 1971 – Joost van der Westhuizen, Suid-Afrika se agt-en-veertigste Springbokkaptein († 2017). 1972 – Corinna Harney, Duitsgebore Amerikaanse fotomodel en aktrise. 1988 – Rihanna, sangeres-liedjieskryfster en aktrise.
Sterftes 743 – Eucherius, Waalse monnik en biskop (* c. 687). 1429 – Giovanni di Bicci de' Medici, Italiaanse bankier en stigter van die Medici Bank (* 1360). 1431 – Pous Martinus V, die 206de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* c. 1368). 1513 – Hans, koning van Denemarke (* 1455). 1778 – Laura Bassi, Italiaanse fisikus en akademikus (* 1711). 1895 – Frederick Douglass, Amerikaanse sosiale hervormer, slawernyafskaffingsaktivis, redenaar, skrywer en staatsman (* 1817). 1907 – Henri Moissan, Franse chemikus, apteker en Nobelpryswenner (* 1852). 1950 – Duggie Morkel, Suid-Afrika se tiende Springbokkaptein (* 1885). 1963 – Ferenc Fricsay, Hongaarse dirigent (* 1914). 1966 – Louise Guthrie, Suid-Afrikaanse plantkundige en botaniese kunstenaar (* 1879). 1966 – Chester W. Nimitz, vlootadmiraal in die Amerikaanse Vloot (* 1885). 1969 – Ernest Ansermet, Switserse dirigent (* 1883). 1972 – Maria Goeppert-Mayer, Duits-gebore Amerikaanse teoretiese fisikus en Nobelpryswenner in Fisika (* 1906). 1976 – Sannie Uys, Suid-Afrikaanse skrywer en moeder van Uys Krige (* 1886). 2005 – Dalene Matthee, Afrikaanse skryfster (* 1938). 2005 – Raymond Mhlaba, Anti-apartheidsaktivis en politikus (* 1920). 2022 – H.O. de Villiers, Springbokheelagter in 1967 (* 1945).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
Feesdag van Pous Agato in die Ortodokse Kerk.
Kategorie:Februarie