duimnael|200px|Plaket by die Bloukrans-monument wat die historiese gebeurtenis uitbeeld. duimnael|200px|AB de Villiers se geboortedag

17 Februarie is die 48ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 317 dae in die res van die jaar (318 in skrikkeljare).

Gebeure 1448 – Pous Nicolaas V sluit die konkordaat van Wene met Frederik III van Duitsland. 1755 – Carlo Rezzonico (later Pous Clemens XIII) word kardinaal-priester van S. Marco. 1838 – 'n Groot aantal Voortrekkers sterf in 'n Zoeloeaanval langs die Blaukraansrivier, naby wat nou Weenen is. 1854 – Brittanje erken die onafhanklikheid van die Oranje-Vrystaat, die hedendaagse Vrystaat, in Suid-Afrika. 1895 – Die volle ballet Swanemeer word vir die eerste keer in Sint Petersburg, Rusland, opgevoer met musiek deur Tsjaikofski. 1939 – Prof. J.L.B. Smith ondersoek die eerste maal die selakant wat sewe weke tevore aan Marjorie Courtenay-Latimer oorhandig is. 1947 – Die Britse koninklike familie begin in Kaapstad met hul toer van Suider-Afrika. 1979 – Ongeveer 120 000 manskappe van die Volksbevrydingsleër van die Volksrepubliek China gaan Noord-Viëtnam binne en begin daarmee die Chinees-Viëtnamese Oorlog. 1989 – Algerië, Libië, Marokko, Mauritanië en Tunisië stig die Unie van die Arabiese Maghreb. 2008 – Kosovo verklaar sy onafhanklikheid van Serwië. 2013 – Australië wen die tiende Vrouekrieketwêreldbeker in Indië. 2025 – Delta Connection vlug-4819 het omgeslaan toe dit op die Toronto Pearson Internasionale Lughawe land.

Geboortes 1653 – Arcangelo Corelli, Italiaanse komponis († 1713). 1699 – Georg Wenzeslaus von Knobelsdorff, Duitse argitek en skilder († 1753). 1798 – Auguste Comte, Franse wiskundige en filosoof († 1857). 1820 – Henri Vieuxtemps, Belgiese komponis en violis († 1881). 1885 – Romano Guardini, Duitse katolieke priester, teoloog en filosoof († 1968). 1898 – Gregor Wentzel, Duitse fisikus († 1978). 1899 – Priscilla Bonner, Amerikaanse aktrise († 1996). 1925 – Hal Holbrook, Amerikaanse akteur († 2021). 1929 – Patricia Routledge, Engelse aktrise († 2025). 1936 – Jim Brown, 'n Amerikaanse akteur, vervaardiger, voetbalspeler en regisseur († 2023). 1951 – Patricia de Lille, Suid-Afrikaanse politikus. 1952 – Garry Chalk, Engelse akteur. 1953 – Paul O’Sullivan, Ierse en Suid-Afrikaanse forensiese ondersoeker en sekuriteitskonsultant. 1961 – Meir Kessler, Israelse rabbi. 1961 – Andrei Korotajef, Russiese antropoloog, historikus en ekonoom. 1981 – Paris Hilton, Amerikaanse sosiale persoonlikheid. 1984 – AB de Villiers, Suid-Afrikaanse krieketspeler. 1993 – Kai Luke Brümmer, Suid-Afrikaanse akteur. 1996 – Sasha Pieterse, Suid-Afrikaansgebore Amerikaanse aktrise, en vervaardiger.

Sterftes 364 – Jovianus, Romeinse keiser (* 331). 1600 – Giordano Bruno, Italiaanse filosoof, wiskundige en astronoom (tereggestel:op die brandstapel) (* Januarie 1548). 1612 – Patriarg Hermogenes van Moskou, Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland (* 1530). 1673 – Molière, Franse dramaturg (* 1622). 1982 – Thelonious Monk, Amerikaanse jazzpianis en -komponis (* 1917). 1973 – Leonore Veenemans, Suid-Afrikaanse sopraan (* 1935). 1997 – Berta Smit, Suid-Afrikaanse uitgewer en Afrikaanse skrywer (* 1926). 2007 – Jurga Ivanauskaitė, Litause skrywer, essayis, toneelskrywer, skilder en digter (* 1961). 2020 – Ja'Net DuBois, Amerikaanse aktrise (* 1932). 2024 – Mike Procter, Suid-Afrikaanse krieketkaptein en keurder (* 1946). 2026 – Jesse Jackson, Sr., Amerikaanse burgerregte aktivis (* 1941).

Vakansies, vierings en waarnemingsdae

Kategorie:Februarie