Gibbaeum velutinum is 'n klein vetplant wat deel van die Aizoaceae familie is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Dit kom wes van Barrydale van Springfontein tot by Soutkloof voor. Die spesie het 'n voorkomsgebied van 100 km² en daar is tien subpopulasies bekend. Die plant word bedreig deur ontwikkeling rondom Barrydale asook vetrapping deur vee en steengroewe.

Galery

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

velutinum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika