Gibbaeum petrense is 'n klein vetplant wat deel van die Aizoaceae familie is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Dit kom op die noordelike helling van die Langeberg by Riversdal voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 10 km² en daar is slegs tien subpopulasies oor; daar was meer maar die plant het van sy habitat verloor weens padkonstruksie. Die oorblywende populasies word bedreig deur vertrapping deur vee.

Galery

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

petrense Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika