Gibbaeum pachypodium is 'n klein vetplant wat deel van die Aizoaceae familie is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Klein-Karoo by Ladismith voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 2 km² en daar is tussen 500 - 2000 individuele plante oor nadat padkonstruksie 'n gedeelte van die plant se habitat vernietig het. Die oorblywende plante word bedreig deur vertrapping deur vee.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

pachypodium Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika