Mbhazima (Sam) Shilowa, was die premier van Gauteng van 15 Junie 1999 tot 29 September 2008. Hy het sy politieke loopbaan begin as vakbondleier, en was ook Sekretaris-Generaal van COSATU en 'n KODESA onderhandelaar vir die ANC. Shilowa is ook bekend vir sy steun aan die Gautrein-projek.
Shilowa het bedank as premier weens ongelukkigheid oor die manier hoe die ANC vir president Thabo Mbeki gedwing het om te bedank.
Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Suid-Afrikaanse vakbondleiers Kategorie:Geboortes in 1958 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika