Hotazel is 'n dorpie in die noordeooste van die Noord-Kaap, Suid-Afrika, 60 km van Kuruman.
Geskiedenis Reeds sedert die 1870's is vermoed dat daar groot neerslae mangaan, ystererts en asbes in die omgewing is. In die volgende 70 jaar het geoloë van die Britse, Kaapse en Suid-Afrikaanse regerings en privaat maatskappye die gebied verken. Teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog is die ontsaglike rykdom in minerale bevestig en grootskaalse ontginning het eers in 1958 begin. Twee jaar later is die spoorlyn van Sishen na Hotazel verleng.
Die dorp het sy naam gekry toe twee landmeters die gebied uitgemeet het gedurende 1917. Hulle was Dirk Roos en J.W. Waldeck. Een aand na 'n warm dag het Roos in die hotel in sy stoel gaan sit en sy kaart voor hom oopgevou. Nadat hy die posisie na aan die Ga-Mogararivier gemerk het, het hy die plaas wat hy pas opgemeet het "Hot as hell" genoem. Hy het nie geweet dat hy op die rykste mangaanneerslag ter wêreld sit nie.
Distrik Daar is mangaanmyne by Hotazel en by Black Rock. Mangaanmynbou is die belangrikste deel van die ekonomie.
Sien ook Gereformeerde kerk Duineveld Lys van dorpe in Suid-Afrika Brusiet
Bron Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.
Kategorie:Nedersettings in die Noord-Kaap