Mosiuoa Gerard Patrick Lekota (13 Augustus 1948 - 4 Maart 2026) was 'n Suid-Afrikaanse politikus en voormalige lid van die African National Congress (ANC). Hy dien sedert 16 Desember 2008 as president van die Congress of the People (Cope).Lekota on Mandela's death, polity.org.za. Besoek 3 September 2023 Hy was ook bekend as Terror Lekota as gevolg van die manier hoe hy sokker gespeel het. Hy was in die gevangenis op Robbeneiland weens sy politieke aktiwiteite tydens die apartheidsera.

Hy was premier van die Vrystaat na die 1994-algemene verkiesing tot in 1996, en was Minister van Verdediging van 1999 tot 25 September 2008, toe hy as minister bedank het nadat president Thabo Mbeki deur die ANC se Uitvoerende Bestuurskomitee gedwing is om te bedank.

Aankondiging van 'n nuwe party Op 8 Oktober 2008 kondig Lekota aan dat die ANC-faksie wat lojaal teenoor Thabo Mbeki was hulle "skeipapiere" indien, wat aandui op 'n skeuring van die ANC en die stigting van 'n nuwe politieke beweging. Toe die aankondiging deurgevoer is, was dit die eerste groot skeuring in die ANC sedert die Pan Africanist Congress of Azania (PAC) in 1959 van die ANC afgestig het.

Die aankondiging was deur die ANC-leiers verwerp en as onbenullig afgemaak, terwyl die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty heftig daarteen gekant was. Ongeag hiervan, is die aankondiging deur lede van opposisiepartye, insluitend Helen Zille van die Demokratiese Alliansie (DA) en Bantu Holomisa van die United Democratic Movement (UDM), verwelkom.

Op 14 Oktober 2008 skort die ANC beide Lekota en Mluleki George se lidmaatskap van die party op. Die Congress of the People is op 16 Desember 2008 gestig.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van verdediging Kategorie:Geboortes in 1948 Kategorie:Sterftes in 2026 Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Politici van die African National Congress