Die Basters (ook bekend as die Rehoboth-Basters, Baasters en Rehobothers) is ’n Afrikaanssprekende gemeenskap wat by Rehoboth, suid van Windhoek in Namibië, gebaseer is. Hulle is soortgelyk aan die Kleurling en Griekwagemeenskappe in Suid-Afrika
Tradisionele leierskap Die eerste Kaptein was Hermanus van Wyk, die ‘Moses’ van die Bastervolk, wat die gemeenskap na Rehoboth gelei het vanuit Suid-Afrika. Hy was Kaptein tot en met sy dood in 1905. Na sy dood het die Basters Cornelius van Wyk gekies om hulle Kaptein te wees. Hy is egter nie amptelik erken deur die Duitse koloniale regering, of deur die Suid-Afrikaanse owerhede na hul oorname in 1915 nie.
duimnael|links|Die Basterraad in 1915, onder leiding van Cornelius van Wyk (middelste ry, tweede van links)
In 1976 het die Suid-Afrikaanse regering die ‘Wet op Rehoboth-selfregering’ goedgekeur en outonomie aan die Basters gegee. In 1979 is Kaptein Hans Diergaardt gekies in ooreenstemming met die regulasies van die 1976-wet. In 1999 is John McNab as Kaptein gekies. Sedert Februarie 2007 word die Basters deur die Kapteinsraad verteenwoordig by UNPO.
In Indonesië word die mense van gemengde Nederlandse herkoms ook Blaster genoem.
Verwysings
Eksterne skakels Die Bastergemeenskap se webbladsy Orizio, R. (2001) Lost White Tribes, Free Press, New York. Omer-Cooper, J.D. (2006) History of Southern Africa, James Currey Ltd., Oxford.
Kategorie:Etniese groepe in Namibië Kategorie:Inheemse volke van Suider-Afrika