Arandis-lughawe (IATA: ADI, ICAO: FYAR) is 'n lughawe wat Arandis, 'n dorp in die Erongo-streek van Namibië, bedien. Die lughawe is 5 km suid van Arandis. Die dorp en lughawe lewer ook diens aan die Rössing-uraanmyn, een van die wêreld se grootste oopgroef-uraanmyne.

Die Arandis ongerigte radiobaken (Ident: AD) is 1,7 km van die drumpel van aanloopbaan 10 af geleë.

Verwysings

Kategorie:Lughawens in Namibië