Jablonka (Russies: Яблонка) is 'n Kasakse dorpie in Astrachan-oblast, Rusland. Dit behoort tot die Sizi Boegor Plaaslike Munisipaliteit wat nog vier nedersettings insluit. Soos baie ander nedersettings in Wolodarski-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë. Die dorpie se naam kom van die Russiese woord vir "appelboom".

Demografie Volgens Sensus 2010 het Jablonka 431 inwoners gehad. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010PersentasieKasakke 420 97,4% Russe 5 1,2% Onbekend 6 1,4% Totaal 431 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast