Toeloeganofka (Russies: Тулугановка, Tartaars: Яңа Кундрау) is 'n dorpie in Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel en die enigste nedersetting van die gelyknamige Toeloeganofka Plaaslike Munisipaliteit. Soos baie ander nedersettings in Wolodarski-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë.

Die dorpie is in 1893 gestig deur Nogai-setlaars uit die gelyknamige dorpie Toeloeganofka wat tot die huidige Narimanof-rajon behoort.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Toeloeganofka 848 inwoners gehad. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kasakke 466 55% Tartare 313 36,9% Nogais 32 3,8% Russe 14 1,7% Azerbeidjanners 6 0,7% Dargine 4 0,5% Turkmene 3 0,4% Onbekend 10 1,2% Totaal 848 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast