Sizi Boegor (Russies: Сизый Бугор) is 'n Kasakse dorpie in Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Sizi Boegor Plaaslike Munisipaliteit wat nog vier kleiner nedersettings insluit. Soos baie ander nedersettings in Wolodarski-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë. Die dorpie se naam kom van die Russiese woorde vir "grys heuwel".
Demografie Volgens Sensus 2010 het Sizi Boegor 1 581 inwoners gehad. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kasakke 1 498 94,8% Russe 48 3,4% Tartare 17 1,1% Komis 3 0,2% Oesbeke 3 0,2% Tadjiks 3 0,2% Onbekend 9 0,6% Всего 1 581 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast