Nowokrasnoje (Russies: Новокрасное) is 'n Kasakse dorpie in Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Nowokrasnoje Plaaslike Munisipaliteit wat nog twee kleiner nedersettings insluit. Soos baie ander nedersettings in Wolodarski-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Nowokrasnoje 287 inwoners gehad. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010PersentasieKasakke 193 67,2% Russe 94 32,8% Totaal 287 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast