Razdor (Russies: Раздор) is 'n dorpie in Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Razdor Plaaslike Munisipaliteit wat nog vier kleiner nedersettings insluit: Azofski, Kaspi, Rewin Choetor en Zastenka. Soos baie ander nedersettings in Kamiziak-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë. Dit lê op die linkeroewer van Tsjornajarivier en 12 kilometer suidoos van die rajon se setel, Kamiziak.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Razdor 1 208 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking en Kasakke is die grootste minderheid.
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast