Tsjagan (Russies: Чаган) is 'n dorpie in Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Tsjagan Plaaslike Munisipaliteit wat nog twee kleiner nedersettings, Oespech en Oewari, insluit. Soos baie ander dorpies in Kamiziak-rajon, is dit in die Wolga-rivierdelta geleë. Dit lê op 'n eiland tussen die Tsjagan-, Bolsjoi Kal- en Wolgariviere 10 kilometer noordwes van die rajon se setel, Kamiziak.
Geskiedenis Tsjagan is in 1699 as 'n vissersdorpie gestig. Die dorpie se naam kom van die naam van 'n nabygeleë rivier wat van Tartaarse oorsprong is en "esdoring" beteken.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Tsjagan 1 464 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast