Morjakof (Russies: Моряков) is 'n dorpie in Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel van die Nikolo-Komarofka Plaaslike Munisipaliteit wat nog twee kleiner nedersettings insluit. Soos baie ander dorpies in Kamiziak-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë. Dit lê 12 kilometer noordwes van die rajon se setel, Kamiziak.

Die dorpie se naam kom van die Russiese woord vir "seeman".

Demografie Volgens Sensus 2010 het Morjakof 255 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast