Nikolskoje (Russies: Никольское) is 'n klein dorpie in Astrachan-oblast, Rusland. Dit behoort tot die Nikolo-Komarofka Plaaslike Munisipaliteit wat nog twee groter nedersettings, Komarofka en Morjakof, insluit. Soos baie ander dorpies in Kamiziak-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë. Dit lê op die regteroewer van die Wolgarivier 12 kilometer noordwes van die rajon se setel, Kamiziak.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Nikolskoje 24 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast