duimnael|upright=1.0|Cruise tydens die Japannese première van Jack Reacher: Never Go Back, in 2016 Tom Cruise is 'n Amerikaanse akteur en rolprentvervaardiger. Hy maak sy rolprentdebuut in die romantiese drama Endless Love in 1981. In 1983 maak hy sy deurbraak in die romantiese komedie, Risky Business en ontvang hiermee sy eerste benoeming vir die Golden Globe-toekenning vir Beste Akteur. In 1986 speel Cruise die rol van 'n vegvlieënier in die aksiedrama Top Gun, wat vervaardig is deur Tony Scott. Dit was die topverdiener by die filmloket vir diè jaar. Cruise het ook saam met Paul Newman verskyn in The Color of Money, wat deur Martin Scorsese geregisseer is. Twee jaar later verskyn hy saam met Dustin Hoffman in die drama Rain Man, wat bekroon is met die Oscar vir Beste Rolprent (1988). Hy het ook verskyn in die romantiese drama Cocktail (1988). Sy volgende rol was die van 'n anti-oorlogsaktivis (Ron Kovic) in die rolprentverwerking van Kovic se gelyknamige memoirs, Born on the Fourth of July (1989), waarvoor hy die Golden Globe-toekenning vir Beste Akteur ontvang.

In 1992 verskyn hy teenoor Jack Nicholson in die regsdrama A Few Good Men, 'n verwerking van die gelyknamige Broadwaytoneelstuk wat ook geskryf is deur Aaron Sorkin. Cruise verskyn hierna in The Firm (1993), 'n rolprentverwerking van John Grisham se gelyknamige regsdrama. In dieselfde jaar maak hy sy debuut as regisseur in 'n episode van die televisiereeks Fallen Angels. Cruise verskyn as die spioen Ethan Hunt in die aksiefilm Mission: Impossible (1996), die eerste projek van sy maatskappy, Cruise/Wagner Productions, wat hy in 1993 opgerig het saam met medestigter Paula Wagner. Met ingang 2023 het Cruise reeds in ses verdere rolprente in die Mission: Impossible franchise verskyn naamlik: Mission: Impossible 2 (2000), Mission: Impossible III (2006), Mission: Impossible – Ghost Protocol (2011), Mission: Impossible – Rogue Nation (2015), Mission: Impossible – Fallout (2018), en Mission: Impossible – Dead Reckoning Part One (2023).

Cruise het die titelrol gespeel in die komediedrama Jerry Maguire, wat geregisseer is deur Cameron Crowe. Vir sy vertolking word hy genomineer vir 'n Golden Globe in die kategorie Beste Akteur. In 1999 verskyn Cruise in die erotiese riller Eyes Wide Shut teenoor sy destydse vrou Nicole Kidman, waarvan Stanley Kubrick die regisseur is. Hy verskyn ook in die drama Magnolia, wat geregisseer is deur Paul Thomas Anderson. Vir laasgenoemde rol ontvang hy 'n Golden Globe-toekenning vir Beste Ondersteunende Akteur. Hy is ook benoem vir 'n Oscar vir Beste Ondersteunende Akteur. Cruise het weereens saam met Crowe (as regisseur) verskyn vir die wetenskapsfiksieriller Vanilla Sky (2001), waarvoor hy 'n Saturn-toekenning vir Beste Akteur ontvang het. Die daaropvolgende jaar verskyn hy in Minority Report, wat deur Steven Spielberg geregisseer is. In 2005 werk hy weer saam met Spielberg in War of the Worlds. Hiervoor ontvang hy die Stanley Kubrick Britannia-toekenning vir Uitnemendheid (BAFTA Los Angeles). Drie jaar later verskyn hy in die satiriese aksiekomedie rolprent Tropic Thunder. In dieselfde jaar speel hy ook die rol van die leëroffisier Claus von Stauffenberg in die historiese dramarolprent Valkyrie (beide in 2008). In 2010 speel Cruise weer teenoor sy medester van Vanilla Sky-faam, Cameron Diaz, in die aksiedrama film Knight and Day, wat gevolg word deur die aksiefilm Jack Reacher (2012), waarin hy die titelrol gespeel het, asook in die vervolg daarop, Jack Reacher: Never Go Back (2016). Hy het ook verskyn in Oblivion (2013) en Edge of Tomorrow (2014), beide wetenskapsfiksie films. Drie jaar later vertolk hy die rol van die dwelmsmokkelaar Barry Seal in die aksiekomedie American Made (2017). In 2022 was Cruise beide vervaardiger van, en akteur in die vervolg op Top Gun, Top Gun: Maverick, wat meer as $1.4 miljard verdien het by rolprentlokette, en sodoende sy besbetaalde rolprent geword het.

Rolprent Jaar Titel Rol Notas Verwysings 1981 Endless Love Billy Taps 1983 Steve Randle Losin' It Woody Risky BusinessJoel All the Right MovesStefen Djordjevic 1985 Legend Jack 1986 Top Gun Luitenant Pete "Maverick" Mitchell The Color of Money Vincent Lauria 1988 Cocktail Rain Man Charlie Babbitt 1989 Born on the Fourth of July Ron Kovic 1990 Days of Thunder Cole Trickle Ook medeskrywer van draaiboek 1992 Far and Away Joseph Donelly A Few Good Men Luitenant Daniel Kaffee 1993 1994 Interview with the Vampire 1996 Mission: Impossible Ook vervaardiger Jerry Maguire 1998 Without Limits N.V.T. Slegs vervaardiger 1999 Eyes Wide Shut Magnolia 2000 Mission: Impossible 2 Ook vervaardiger 2001 Stanley Kubrick: A Life in Pictures Verteller Dokumentêre prent The Others N.V.T. Slegs uitvoerende vervaardiger Vanilla Sky Ook vervaardiger 2002 Space Station 3D Verteller Dokumentêr Minority Report Austin Powers in GoldmemberHomself as Austin PowersCameorol Narc N.V.T. Slegs uitvoerende vervaardiger 2003 Shattered Glass N.V.T. Slegs uitvoerende vervaardiger The Last Samurai Ook vervaardiger 2004 Collateral Vincent 2005 War of the Worlds Ray Ferrier Elizabethtown N.V.T. Slegs vervaardiger 2006 Ask the Dust N.V.T. Slegs vervaardiger Mission: Impossible III Ethan Hunt Ook vervaardiger 2007 Lions for Lambs Senator Jasper Irving 2008 Tropic Thunder Les Grossman Valkyrie Kolonel Claus Von Stauffenberg 2010 Knight and Day Roy Miller / Matthew Knight 2011 Mission: Impossible – Ghost Protocol Ethan Hunt Ook vervaardiger 2012 Rock of Ages Stacee Jaxx Jack Reacher Jack Reacher Ook vervaardiger 2013 Oblivion Jack Harper 2014 Edge of Tomorrow Majoor William "Bill" Cage 2015 Mission: Impossible – Rogue Nation Ethan Hunt Ook vervaardiger 2016 Jack Reacher: Never Go Back Jack Reacher Ook vervaardiger 2017 The Mummy Sersant Nick Morton American Made Barry Seal 2018 Mission: Impossible – Fallout Ethan Hunt Ook vervaardiger 2022 Top Gun: Maverick Kaptein Pete "Maverick" Mitchell 2023Mission: Impossible – Dead Reckoning Part OneEthan Hunt2024 Mission: Impossible – Dead Reckoning Part Two Ook vervaardiger; Verfilming 160px|duimnael|Tom Cruise tydens die European Red Carpet Paris-debuut van Mission: Impossible – Fallout, Julie 2018

Televisie Jaar Titel Rol Notas 1993Fallen AngelsN.V.T.RegisseurEpisode: "The Frightening Frammis"

Sien ook Tom Cruise

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Filmografieë