Iwantsjoeg (Russies: Иванчуг) is 'n dorpie in Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Iwantsjoeg Plaaslike Munisipaliteit wat nog een kleiner nedersetting, Chmeljofka, insluit. Soos baie ander nedersettings in Kamiziak-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Iwantsjoeg 1 425 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Russe 948 66,5% Kasakke 405 28,4% Tsjetsjniërs 28 2% Lesgiërs 6 0,4% Ingoesjetiërs 5 0,4% Tartare 3 0,2% Onbekend 7 1,1% Totaal 1 425 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast