Oktjabrski (Russies: Октябрьский) is 'n Kasakse dorpie in Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Obraztsowo-Trawino Plaaslike Munisipaliteit behoort. Soos baie ander nedersettings in Kamiziak-rajon, is dit in die Wolga-rivierdelta geleë. Dit lê op die Torgoelofski-eiland tussen die Kanitsja- en Pokatnajariviere.

Geskiedenis

Die dorpie se oorspronklike naam was Isjtsjanofski. In die Sowjetera is dit hernoem na Oktjabrski wat van die Russiese woord vir "Oktober" kom, die maand van die Russiese Rewolusie van 1917 wat as 'n belangrike simbool beskou was.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Oktjabrski 217 inwoners gehad. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kasakke 210 96,8% Russe 7 3,2% Totaal 217 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast