Angie oehIn sommige bronne word die tweede deel van haar verhoognaam met 'n hoofletter geskryf, maar Greeff het verkies om dit met 'n kleinletter te spel. Dit is die spelling wat deur stromingsdienste soos Spotify gebruik word. (gebore Angelique Eurika Greeff; 16 November 1998 – 19 Augustus 2023) was 'n Afrikaanse kletsrymer van Pretoria, Suid-Afrika. Sy het as gay geïdentifiseer en haar musiek beskryf as "'n ode aan vroue", met haar styl as 'n kombinasie van hip-hop, rock 'n roll en popmusiek.

Angie oeh het musiekvideo's saam met Jack Parow en Van Pletzen gemaak.

Sterfte Terminale longkanker is op 14 Augustus 2023 by haar gediagnoseer en sy is ses dae later oorlede.

Diskografie

Enkelsnitte Dis Jou Wyfie, 2022 Sex in Afrikaans EP, 2022 M.O., 2022 Sys 'n Hoe, 2022 Omdat Ek Wil, 2022 Spicy EP, 2022 Mooiste Meisies EP, 2022 Die Way Sy, 2023 Die Lewe is 'n Lied, 2023 Te Sexy, 2023 Vet Diamante, 2023

Ateljee-albums Wyfie, 2024 (postuum vrygestel)

Notas

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Kletsrymers Kategorie:Geboortes in 1998 Kategorie:Sterftes in 2023 Kategorie:Suid-Afrikaanse musici