Gandoerino (Russies: Гандурино) is 'n klein dorpie in Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Obraztsowo-Trawino Plaaslike Munisipaliteit behoort. Soos baie ander nedersettings in Kamiziak-rajon, is dit in die Wolga-rivierdelta geleë. Dit lê op 'n klein eiland tussen die Gandoerino- en Iwantsjoegriviere 55 kilometer suid van Astrachan se middestad.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Gandoerino 374 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Russe 214 57,2% Kasakke 140 37,4% Koreane 6 1,6% Koemikke 5 1,3% Aware 4 1,1% Onbekend 5 1,3% Totaal 374 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast