Katsjkarinski (Russies: Качкаринский) is 'n klein dorpie in Astrachan-oblast, Rusland. Dit behoort tot die Samosdelka Plaaslike munisipaliteit wat nog vier nedersettings, Aleksejefka, Arsjin, Forpost en Samosdelka, insluit.

Soos baie ander nedersettings in Kamiziak-rajon, is Katsjkarinski op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë. Dit lê op die regteroewever van die klein Nowostankastroom.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Katjskarinski 181 inwoners gehad. Ten spyte van sy klein bevolking, is die dorpie etnies baie divers. Dit is die enigste dorpie in Astrachan-oblast waar etniese Oesbeke die grootste bevolkingsgroep is.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Oesbeke 69 38,1% Russe 33 18,2% Kasakke 32 17,7% Dargine 22 12,2% Tsjetsjniërs 18 9,9% Oekraïners 3 1,7% Onbekend 4 2,2% Totaal 181 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast