Nowostroi (Russies: Новострой) is 'n dorpie in Jenotajefka-rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit behoort tot die Zamjani Plaaslike Munisipaliteit wat nog twee groter nedersettings insluit. Saam met Pribrezjni is dit een van net twee dorpies in die rajon wat op die linkeroewer van die Wolgarivier lê.
Die dorpie se naam kom van die Russiese woorde vir "nuut gebou".
Demografie Volgens Sensus 2010 het Nowostroi 399 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Russe 237 59,4% Kasakke 108 27,1% Tsjetsjniërs 36 9% Tartare 10 2,5% Oesbeke 8 2% Totaal 399 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast